×
Skakel na Engels

Gesigsontrimpeling sonder chirurgie binne minute

Dié slim serum verdoesel die voorkoms van plooie in ’n kits (ons praat van enkele minute!) deur die vel ferm te maak en te kontoer – en die hou die hele dag

Sien jy nie kans vir plastiese chirurgie om jou jeug terug te kry nie? Dan sal jy waarskynlik graag hierdie kitsoplossing wil probeer waaroor almal praat – geen chirurgie is nodig nie. Skin Doctors Instant Facelift (R798,00) is ’n serum wat ’n moeë, pap vel onmiddellik fermer maak, opkikker en kontoer. Jy sal byna oombliklik ’n vermindering van fyn lyntjies, plooie en pofferigheid sien.

Maar hoe werk dit? Al wat jy hoef te doen is om ’n klein bietjie van die serum in jou handpalm uit te pomp en dit in ’n dun laag oor jou gesig aan te wend. Moenie jou gesig beweeg – soos om te frons of te glimlag – totdat die serum drooggeword het nie (dit neem twee tot drie minute). Die produk sink in jou vel in en skep onmiddellik ’n verstewigende uitwerking. Al wat jy nou hoef te doen is om jou grimering soos gewoonlik aan te wend.

Instant Facelift bevat drie hoogs gespesialiseerde tegnologieë wat die vel lig en verferm. Die kombinasie daarvan vorm ’n matriks wat die vel stywer trek en fermer maak en só die voorkoms van fyn lyntjies en plooie versag.

Hierdie webpromosie is deur Skin Doctors geborg: www.ai-importers.co.za

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kry ’n niechirurgiese gesigsontrimpeling met Thermage

Kry ’n niechirurgiese gesigsontrimpeling met Thermage

Close