×
Skakel na Engels

Superga en Pichulik span saam

Dis die perfekte kombinasie van styl en gemak
Pichulik

Die ikoniese seilskoenhandelsnaam Superga het SA se eie Pichulik – ’n bekende mode- en juweliersontwerper – genader om ’n reeks unieke tekkies te ontwerp.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Die opwindende reeks sluit drie pare tekkies vir die herfs en winter in, en ons is versot op al drie! Die Superga X Pichulik-reeks is deur drie bestemmings geïnspireer – Istanboel, Portofino en New York – en spog met verskeie byderwetse versierings, asook raffia- en tou-detail (hulle het selfs ’n “sneakerdrille” geskep wat ’n kombinasie tussen ’n tekkie en ’n espadrille is).

“Superga het al verskeie mense vir gekombineerde reekse genader, maar het gedink dis tyd om saam met ’n juweliersontwerper te werk.” sê Superga SA se Katy Ward. “Ek is boonop ’n groot aanhanger van Katherine [Pichulik] se werk en het ’n paar van haar ontwerpe wat ek gereeld dra. Een van my gunstelinge is die Pichulik Peacock-halssnoer, wat ek saam met my swart Superga 2790-platforms dra.”

Die ikoniese Superga-silhoeët en Pichulik se unieke afwerkings maak hierdie reeks een wat die modewêreld – of dalk die hele wêreld – aan die gons gaan hê! Wat dink jy?

Hier is die drie style:

1. Vuilpienk ‘Souk’-“sneakerdrilles” 

2.Wit ‘Azzuro’-tekkies met kleurdetail 

3. Swart ‘Downtown’-tekkie met tou-detail

Die reeks is landwyd by uitgesoekte Superga-winkels beskikbaar en ook op Superga se aanlyn winkel

Foto’s: Verskaf

LEES OOK:

Dié kleur werk vir almal – kry dit vir jou klerekas!

Die mode-kopie waaroor almal op Instagram gons

6 getailleerde kantoorstaatmakers wat jy in jou klerekas moet hê

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Dié kleur werk vir almal – kry dit vir jou klerekas!

Lyk grasieus in groen!

Close