×
Skakel na Engels

Stuur ’n Kers-e-kaartjie

Het jy te lank uitgestel om Kerskaartjies te stuur? Stuur ’n e-kaartjie! As jy ’n gratis kaartjie kies, hoekom skenk jy nie geld aan ’n welsynorganisasie van jou keuse nie?

 

 

GRATIS KAARTJIES:

 

1. FAMILIEPRET Kry die hele familie betrokke om dié skreeusnaakse kaartjies met dansende elwe te verpersoonlik. Hope pret! www.elfyourself.com

 

2. VIR DIERELIEFHEBBERS Dié kaartjies met katte en honde sal ’n treffer wees by al jou vriende en familie wat mal oor diere is: www.spca-ct.co.za/ecards.asp

 

3. GEANIMEERD EN TRADISIONEEL Kies van geanimeerde kaartjies met oulike pikkewyne, eekhorings en ander diere of meer tradisionele, ernstige kaartjies: ecards.hallmarkcards.com.au/ecards/search?p=1&q=Christmas

 

 

WELSYNKAARTJIES:

 

4. LAAT ’N KIND GLIMLAG Vir ’n minimum donasie van R25 kan jy kinders help om regstellende rekonstruktiewe chirurgie aan hul gesig te ondergaan of ander behandeling te kry wat hulle nodig het.

Smile-stigting

 

5. HELP MET BEWARING Koop ’n e-kaartjie vir R20 of R35 en doen jou deel vir die omgewing en onder meer pikkewyne, dolfyne en seevoëls.

Dyer-eiland-bewaringstrust

 

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief