×
Skakel na Engels

Stop die kragvraat in jou huis

Die gewone elektriese geiser kan vir tot 50% van die gemiddelde huishouding se energiekoste verantwoordelik wees. Eksom se kenners gee raad oor hoe jy krag (en geld) kan spaar

Die gewone elektriese geiser gebruik dikwels die meeste elektrisiteit in die huis en kan vir tot 50% van die gemiddelde huishouding se energiekoste verantwoordelik wees. Verminder jou waterverwarmingkoste vandag nog deur jou geiser met ‘n sonkrag-waterverwarmingstelsel of ‘n waterverwarmingspomp te vervang. Eskom se afslag vir huiseienaars help met finansiering sodat die energiebesparende waterverwarmingtegnologie meer bekostigbaar kan wees.

 

Die proses is eenvoudig

Betaal volprys vir jou sonkrag-waterverwarmingstelsel by ‘n Eskom-geakkrediteerde verskaffer en eis jou afslag terug by Eskom na die aankoop.  Betaling is vinnig! – 8 weke vanaf ontvangs van jou eis mits al die noodsaaklike inligting aangeheg is. Sekere verskaffers bied selfs die afslag wanneer jy jou stelsel aankoop en hulle eis dan die afslag terug by Eskom namens jou.

Indien jy ‘n waterverwarmingspomp by ‘n Eskom-geakkrediteerde verskaffer aankoop, verdien jy jou afslag onmiddellik.   Dit is nie nodig om dit by Eskom terug te eis nie. Baie gerieflik!

 

Skakel oor en spaar

Vir meer inligting skakel Eskom se Kliëntediens by 08600-ESKOM (37566) of besoek  www.eskom.co.za/idm – pryse, afslag, en verskaffers met hulle kontakbesonderhede word daar gelys.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Ses wenke hoe om elektrisiteit in die winter te bespaar (Deel II)

Met die winter net om die draai is dit ’n goeie idee om te begin dink aan maniere om elektrisiteit...

Close