×
Skakel na Engels

Steel Lupita se voorkoms!

Die pragtige Lupita Nyong’o het ons hart gesteel op die rooi tapyt toe sy die Golden Globe vir beste ondersteunende aktrise gewen het. Haar skoonheid is gloeiend, en jy kan ook soos Lancôme se beeldskone handelsmerkambassadeur lyk

Voorkoms #1

 

 

 

1.    Laat jou vel eerstens gloei deur jou gesig met Lancôme Advanced Génifique Youth Activating Concentrate voor te berei, gevolg deur jou gekose bevogtiger. Verminder dan pofferigheid en voorkom fyn lyntjies met Lancôme Génifique Eye Light-Pearl.

2.    Wend ’n basislaag van Lancôme La Base Pro aan om jou gesig glad te stryk, mat te hou en jou onderlaag langer te laat hou. Vermy die oogarea.

3.    Wend ’n klein bietjie Lancôme Teint Idole Ultra 24H met ’n onderlaagkwas aan. Begin in die middel van jou gesig en werk uitwaarts.

4.    Gee jou wange ’n bietjie kleur deur Lancôme Blush Subtil in 032 Rouge Overdose van die appels van jou wange af uitwaarts na jou slape aan te wend.

5.    Skep sagte rokerige oë met Lancôme Hypnôse Drama Eyes Palette in DR3 Vert Glamour. Gebruik Lancôme Le Stylo Waterproof Long Lasting Eye Liner in 30 om die binneste rand van die oë te omlyn, en gebruik Lancôme Liner Plume in 01 Noir op die boonste lid. Wend twee lae Lancôme Grandiôse Mascara op jou boonste wimpers aan en net een op die onderste wimpers. Om die voorkoms af te rond, vul jou wenkbroue in met Lancôme Les Crayon Sourcils in 030 Brun. Borsel die wenkbroue opwaarts met die potlood se ingeboude borseltjie en dan afwaarts by die buitenste rand van die wenkbrou.

6.    Vir lieflike, vol lippe, wend Lancôme L’Absolu Rouge in 134 Idole rojaal aan. Klad met ’n snesie en wend nog ’n laag aan.

Wenke deur Andrew James, Lancôme SA national makeup artist 

 

 

Voorkoms #2

 

 

 

1. Laat jou vel eers gloei deur jou gesig met Lancôme Advanced Génifique Youth Activating Concentrate voor te berei, gevolg deur jou gekose bevogtiger. Verminder dan pofferigheid en voorkom fyn lyntjies met Lancôme Génifique Eye Light-Pearl.

2. Wend ’n basislaag van Lancôme La Base Pro aan om jou gesig glad te stryk, mat te hou en jou onderlaag langer te laat hou. Vermy die oogarea.

3. Wend ’n klein bietjie Lancôme Teint Idole Ultra 24H met ’n onderlaagkwas aan. Begin in die middel van jou gesig en werk uitwaarts.

4.    Omlyn die boonste en onderste binneste rand van jou oë met Lancôme Khôl Hypnôse Waterproof Eye Liner in 01 Noir. Volg op met Lancôme Hypnôse Star Eyes Palette in ST3 Terre d’Ivoire om die oë te beklemtoon, vorm en ’n subtiele rokerige voorkoms te gee. Wend twee lae Lancôme Grandiôse Mascara op jou boonste wimpers aan en net een laag op die onderste wimpers.

5.    Vul jou wenkbroue in met Lancôme Les Crayon Sourcils in 030 Brun. Borsel die wenkbroue opwaarts met die potlood se ingeboude borseltjie en dan afwaarts by die buitenste rand van die wenkbrou.

6.    Wend Lancôme Rouge in Love in 292N Chez Prune met ’n lipkwassie aan. Klad met ’n snesie. Vul die rande waar nodig in met Lancôme Le Contour Pro Lip Liner in 105 Rouge Bordeaux, en wend dan nog ’n laag lipstiffie aan om die voorkoms af te rond.

Wenke deur Andrew James, Lancôme SA national makeup artist  

 

 

Kry Lupita se voorkoms vir 2015 se Golden Globes

 

 

 

1.    Berei jou gesig voor met Lancôme Advance Génifique Youth Activating Concentrate gevolg deur jou bevogtiger vir ’n gloeiende voorkoms. Verminder pofferigheid en voorkom fyn lyntjies met Lancôme Génifique Eye Light-Pearl. Wend ’n basislaag van Lancôme La Base Pro aan, wat jou gesig sal gladstryk en dit mat hou, terwyl dit help om jou onderlaag langer te laat hou. Vermy die oogarea.

2.    Gee jou wange ’n gesonde gloed met Lancôme Blush Subtil in 031 Peptide de Corail.

3.    Wend ’n klein bietjie Lancôme Teint Idole Ultra 24H met ’n onderlaagkwas aan. Begin in die middel van jou gesig en werk uitwaarts.

4.    Wend die ligste skakerings van Lancôme Hypnôse Doll Eyes Palette in D02 Reflet d’Améthyste net onder jou wenkbroue en in die binneste hoekies van jou oë aan. Gebruik pers skakerings op die ooglede en in die vou van die oog. Omlyn die boonste en onderste ooglede met Lancôme Khôl Hypnôse Waterproof Eye Liner in 04 Prune. Wend twee lae Lancôme Grandiôse Mascara op die boonste wimpers aan en net een op die onderste wimpers. Vul jou wenkbroue in met Lancôme Les Crayon Sourcils in 030 Brun. Borsel dit opwaarts en dan afwaarts by die buitenste rande.

5.    Wend Lancôme Rouge in Love in 379N Rose Sulfureuse met ’n lipkwassie aan en klad dan met ’n snesie.

Wenke deur Andrew James, Lancôme SA national makeup artist 

 

Volg Lancôme ook op Facebook en  Twitter

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief