×
Skakel na Engels

Steel Eva se voorkoms!

Die aktrise Eva Longoria lyk altyd onberispelik, of sy nou op die rooi tapyt is of sommer net in Hollywood inkopies doen – en nou kan jy maklik (en bekostigbaar) haar voorkoms steel

VOORKOMS #1:

 

1. Vir ’n vleklose vel wend L’Oréal Paris Infallible 24H Stay Fresh Foundation oor L’Oréal Paris Revitalift Magic Blur Finishing Cream aan en tik ’n bietjie L’Oréal Paris Infallible 24H Powder Foundation oor jou T-strook aan.

2. Wend L’Oréal Paris True Match Blush in Innocent Flush op die appels van jou wange aan vir ’n fantastiese gloed wat natuurlik lyk. Hou die kleur die wydte van twee vingers weg van jou neus.

3. Versorg jou wenkbroue met die L’Oréal Paris Super Liner Brow Artist Pencil in Brunette en omlyn jou oë van hoek tot hoek, bo en onder met die L’Oréal Paris Color Riche Le Kajal Pencil in Black. Definieer die vou van die oog met L’Oréal Color Riche L’Ombre Pure Mono Shadow in Smoky 301 en rond af met twee lae L’Oréal Paris Volume Million Lashes in So Couture Mascara.

4. Vir fantastiese, glansende, langblywende lipkleur gebruik die L’Oréal Paris Infallible Two Step Longwear Lipstick in Blossoming Berry.

 

Wenk:

Vir pragtig gedefinieerde, rokerige oë omlyn die binneste lid van jou oë bo en onder van hoek tot hoek.

 

 

VOORKOMS #2:

 

1. Wend L’Oréal Paris Lumi Magique Foundation met ’n kwas of klam sponsie oor ’n druppel L’Oréal Paris Extraordinary Face Oil aan vir ’n gloeiende, glimmende gelaat.

2. Vee L’Oréal Paris True Match Blush in Baby Blossom al langs die wangbene aan en beklemtoon die appels van die wange met L’Oréal Paris Lumi Magique Illuminating Powder om die gloed te komplementeer!

3. Omlyn die oë van hoek tot hoek, bo en onder met L’Oréal Paris Superliner Gelmatic Pencil in Deep Violet en gee vorm met L’Oréal Paris Color Riche Quad Shadow in E6 Eau De Rose. Vee die pienkste skakering van die vier tot amper by die wenkbroulyn vir ’n mooi, vroulike blos.

4. Rond die voorkoms af met ’n ligte pastel lipkleur om die fokus op die vel en oë te hou. Probeer L’Oréal Paris Color Riche L’Extraordinaire in Nude Vibrato.

 

Wenk:

Hou die fokus op die gesig op twee van drie dele – kies lippe en oë, of lippe en vel, of oë en vel. Dis kuns is om die balans reg te kry sonder om dit te oordoen.

 

 

VOORKOMS #3:

 

1. Berei die gelaat voor met L’Oréal Paris True Match Liquid Foundation en L’Oréal Paris True Match Powder. Poleer die vel sagkens met die poeier vir ’n fluweelagtige, amper deurskynende voorkoms.

2. Versorg die wenkbroue met L’Oréal Paris Super Liner Brow Artist Pencil in Brunette en omlyn die oë van hoek tot hoek met L’Oréal Paris Superliner Gelmatic Pencil in Ultra Black. Beklemtoon die binneste hoekies van die oë en voeg sprankel by met ’n tikkie L’Oréal Paris Color Riche Mono Shadow in 600 Opalescent. En rond af met ’n paar lae L’Oréal Paris Lash Architect 4D om wimpers behoorlik woema te gee!

3. Voltooi die grimeervoorkoms met ons fantastiese pigmentryke L’Oréal Paris Color Riche Collection Exclusive Reds Lipstick in Eva.

4. Set die hare in los golwe met L’Oréal Paris Elnett Satin Heat Protect Styling Spray en steek dit dan vas. Los ’n paar stringetjies voor en set dit met L’Oréal Paris Elnett Satin Hairspray.

 

Wenk:

Wend blosser net onder die wangbene en onder die appels van die wange aan om die gesig te verslank en aandag na die lippe en oë te trek.

 

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die perfekte palmhandsakkie vir daai aandjie uit

Kyk hoekom hierdie sjiek handsakke op ons wenslysie is

Close