×
Skakel na Engels

Stap vir stap: Hoe om uit kratte rakke vir jou kinders se speelgoed te maak

’n Pragtige bêre-oplossing!
Stap vir stap

Skep met hierdie bekostigbare selfdoenprojek ’n fantastiese ruimte om jou kinders se speelgoed te bêre. Volg die maklike stap-vir-stap-video om jou eie rakke uit kratte te maak. Jy sal nooit weer op dieselfde manier na kratte kyk nie!

Hoe om rakke uit kratte te maak:

Wat het jy nodig?

1. Vier bruikbare houtkratte

2. Skuurpapier om die kratte af te skuur

3. ’n Verfkwas 

4. ’n Stokkie om mee te roer

5. Woodoc Water-Borne™FLOOR Clear en Woodoc Water-Borne™FLOOR White

6. Woodoc Colours 

7 maklike stappe om rakke uit kratte te maak:

  1. Kry goeie kratte waaruit jy die rakke kan maak. Wanneer jy jou kratte kies, probeer om gladdes te kry met so min as moontlik krake en kwasgate.
  2. Skuur die kratte af tot glad en verwyder alle splinters. Vee die stof met ’n sagte, droë lap af.
  3. Meng jou keuse van Woodoc Colours met die Woodoc Water-Borne™FLOOR Clear en die Woodoc Water-Borne™FLOOR White met die stokkie. Dit sal jou twee skakerings van elke kleur gee. Ons het Aquamarine en Mulberry gekies. Nou het ons vier lieflike kleure!
  4. Wend die eerste laag verseëlaar aan en laat heeltemal droog word. Ons beveel aan dat jy die oppervlak nou liggies skuur. Vee dit skoon met ’n sagte, droë lap. Jy kan die kwaste waarmee jy geverf het onmiddellik ná gebruik met water skoonmaak.
  5. Roer die produk goed en wend die tweede laag verseëlaar aan. Laat heeltemal droog word.
  6. Roer weer en wend die derde laag verseëlaar aan. Laat heeltemal droog word.
  7. Rangskik die speelgoed en opgestopte diere in jou pragtige krat-rakke!

Woodoc Water-Borne FLOOR is ’n geharde, duursame moderne verseëlaar wat maklik aanwend en vir alle binnenshuise houtvloere en binnenshuise houttrappe gebruik kan word. Hierdie produk is water-, alkohol- en vlekbestand en is is Clear/White en Matt/Gloss beskikbaar.

Woodoc Colours word geformuleer om by die Woodoc-verseëlaar van jou keuse gevoeg te word om maklike en beheerde aanwending te verseker. Woodoc Colours is in 12 modieuse skakerings en agt houtskakerings beskikbaar en kan op dennehoutmeubels, houtvloere, houtspeelgoed, -patiomeubels, -garagedeure en -hekke gebruik word.

Besoek www.woodoc.com vir nog inligting oor Woodoc se houtsorg- en instandhoudingsprodukte.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief