×
Skakel na Engels

Spur-stigting se speelgoedprojek

Die Spur-stigting wil in dié feestyd ’n bietjie vrolikheid in kinders se lewe bring. Lees hier hoe jy betrokke kan raak

 

 

Terwyl baie van ons die vakansie saam met familie deurbring en geskenke gee en ontvang, is baie kinders nie so gelukkig nie. “Volgens ’n 2014 Nasionale Aannemingskoalisieverslag is daar 18,5 miljoen kinders in Suid-Afrika,” sê Ronel van Dijk, voorsitter van die Spur-stigting. “Daar is na raming sowat 5,2 miljoen weeskinders. Meer as 13 000 woon in residensiële sorggeriewe en ’n geraamde 10 000 leef op straat. Dit sluit die kinders uit wat saam met familie is, maar in slegte omstandighede leef waar hulle nie basiese noodsaaklikhede kan bekostig nie, wat nog te sê speelgoed.”

 

Hoe kan jy help? Gaan laai eenvoudig tussen 1 Desember 2014 en 16 Januarie 2015 ’n nuwe of voorheen geliefde speelding af in een van die insamelingsbokse by Spur, John Dory’s of Panarottis landwyd. Dié bokse sal aan een van die volgende begunstigdes geskenk word:

 

  • Gauteng:ASHA-trust;
  • Wes-Kaap: Durbanville-kinderhuis, Umnqophiso Pre-primêr en House of Grace;
  • KwaZulu-Natal: Durban-kinderhuis;
  • Vrystaat: Botshelo-sentrum; en
  • Oos-Kaap: Inn Safe Hands.

 

 

Vir meer inligting besoek www.spurfoundation.co.za of gaan na hul Facebook-blad: www.facebook.com/SpurSteakRanches.

 

Deur Paula Hepburn-Brown

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief