×

Sponskoek met ’n fluweelafwerking

’n Klassieke koek met ’n heerlike bolaag!
vanilla koek first choice

As jy vriende het wat kom tee drink en jy wil graag self iets maak, maar beskou jouself nie regtig as ’n bakker nie, het ons die ideale resep vir jou. Dis maklik en onfeilbaar, en First Choice Velvet Dairy Dessert as die geheime bestanddeel gee dit ’n ekstraspesiale, ekstrasmaaklike kinkel.

SPONSKOEK MET ’N ROMERIGE FLUWEELBOLAAG

Genoeg vir 6

BESTANDDELE

  • 175 g margarien of saggemaakte botter, plus ekstra om te smeer
  • 175 g strooisuiker
  • 3 groot eiers
  • 175 g bruismeel, gesif
  • 1 t bakpoeier
  • 1 t vanielje-ekstrak
  • ’n knippie sout
  • 250 ml First Choice-rakroom
  • 75 ml First Choice Velvet Dairy Dessert in Chocolate Flavoured, Vanilla Flavoured, Butterscotch Flavoured of Strawberry Flavoured

METODE

  1. Verhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n ronde 18 cm-koekpan liggies met ’n bietjie botter of margarien of voer dit met ’n stuk vetdigte papier of kleefvrye bakpapier uit wat in die basis van die pan pas.
  2. Meng al die bestanddele behalwe die First Choice-rakroom en die First Choice Velvet Dairy Dessert in ’n groot mengbak en klop met ’n houtlepel of ’n handmenger vir 1 minuut of tot net gemeng. Dit is belangrik om die beslag nie te veel te klop nie – net lank genoeg om dit glad te maak.
  3. Giet die mengsel in die pan, maak die bokant glad en bak op die middelste rak van die oond vir sowat 45 tot 50 minute. Die koek is gaar wanneer dit mooi gerys het en goudbruin is; die bokant moet terugspring wanneer jy liggies met jou vingerpunt daaraan raak. Nog ’n toets is om ’n tandestokkie in die middel van die koek in te druk – dit moet skoon uitkom.
  4. Los die koek vir 5 minute in die pan en trek dan ’n mes liggies rondom die rand en keer die koek op ’n draadrak uit om af te koel.
  5. Maak nou die roombolaag: Klits die First Choice-rakroom in ’n bak op hoog vir 5 minute of totdat dit sagte punte vorm.
  6. Giet die First Choice Velvet Dairy Dessert in ’n afsonderlike bak.
  7. Voeg die geklitste room versigtig by die First Choice Velvet Dairy Dessert en vou in.
  8. Verkoel en sit oor die sponskoek voor.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
SA se beste bakwinkels

Ons het ’n lys met ’n paar van SA se beste bakwinkels saamgestel. Lekker koop – en bak!

Close