×
Skakel na Engels

Spog in ’n ontwerperrok op jou matriekafskeid

Het jy nog nie dié rok vir jou spesiale aand gekry nie? Die ontwerper Gert-Johan Coetzee het met Spree saamgespan om een gelukkige meisie se droom te bewaarheid

Wanneer jy aan die woord “matriekafskeid” dink, roep dit herinneringe van die mees uitspattige aand in ’n meisie se skoolloopbaan op. ’n Matriekafskeid is ’n lewensgebeurtenis wat die oorgang na volwassenheid aandui. Daarom word die geleentheid maande vooraf beplan, soos die vervoer daarheen en, natuurlik, Die Rok.

Om die volmaakte rok te vind is een van die hoogtepunte voor die afskeid. Min mense oorweeg egter ’n ontwerperrok as ’n toeganklike opsie – tot nou. Een van Suid-Afrika se voorste ontwerpers, Gert-Johan Coetzee, het ’n pragtige aanddragreeks ontwerp. Die gelukkige meisie sal glansryk en reg vir die rooi tapyt voel en lyk in ’n pragtige rok met nousluitende, uitklok- of gedrapeerde silhoeëtte in ryk, gesofistikeerde kleure. “Die versameling is geskep met die mooiste aandvoorkomste in gedagte. Dit bied ’n verskeidenheid rokke volgens die nuutste neigings om elke meisie se persoonlike styl te pas,” sê Coetzee.

Matric Dance Dresses by Spree

Die reeks is aanlyn van Spree beskikbaar. Om ontwerpersuitrustings te koop was nog nooit so toeganklik of eenvoudig nie! Spree en Gert-Johan bring die loopplank na jou drumpel en sal verseker dat jy met die kliek van ’n muis bo die massa uitstaan. Vir meer inligting, en om die versameling te sien, besoek www.spree.co.za.

Wen ’n matriekdans-stylervaring met Spree en Gert-Johan Coetzee ter waarde van R30 000. Koop die volmaakte rok uit die Spree-dansversameling en jy kan die rok wen saam met die skoene, bykomstighede en ’n stylkonsultasie met Gert-Johan, volledig met haarstilering- en grimeerwenke. Om in te skryf, e-pos jou bestelnommer na win@spree.co.za.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 maniere om jou gesin se gesondheid te verbeter

Pas hierdie eenvoudige veranderinge vandag nog toe en sorg dat almal uitgerus en gelukkig is en ’n gesonde gewig handhaaf

Close