×
Skakel na Engels

Speel klaar met vuil blindings

Kortpaaie om dinge makliker te maak

Venesiese blindings:

Trek die blinding af en laat die hortjies afwaarts wys. Moenie dit heeltemal toetrek nie. Hou die onderste hortjie vas en trek die blinding effens weg van die venster af terwyl jy die blinding styfgetrek hou.

Heg ’n sagte stofsuigborsel aan jou stofsuier en stofsuig ’n paar hortjies op ’n slag. ’n Horisontale aksie werk goed, so ook ’n vertikale beweging van bo na onder. Kyk wat die beste vir jou werk.

Maak ’n lap van mikrovesel met water klam en vee weer die hortjies af om enige hardnekkige vuiligheid te verwyder.

Maak die hortjies oop en laat die blinding droog word.

Materiaal- en vinielblindings:

Stofsuig materiaalblindings soos Romeinse blindings met jou stofsuier se sagte borsel of toestel vir sto ering.

Vir rolblindings van viniel, trek dit omtrent halfpad af ondertoe om te begin; die werk sal meer hanteerbaar wees.

Dompel ’n lap in seperige water, druk dit goed uit en maak die vinielblinding in horisontale seksies skoon. Begin onder en vee op- en afwaarts of van links na regs. Spoel en wring die lap goed uit en vee die gedeelte af waaraan jy gewerk het. Hou aan boontoe werk en trek die blinding af soos jy vorder.

Los die blinding ten volle uitgetrek totdat dit droog is.

Maak dit volgende keer makliker:

  • Gebruik die Finishing Touches Mini Blind Cleaner (R33, Builders Warehouse), wat sewe ‘vingers’ het om tussen die hortjies skoon te maak.
  • Hang wasbare gordyne oor die blindings sodat stof nie daarop gaan lê nie.

Teks het oorspronklik in Goeie Huishouding-tydskrif verskyn.

FOTO: iStock/tab1962

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Het jou kind ’n swak selfbeeld?

Dr. Michele Borba, ’n deskundige op die gebied van ouerskap, beveel 5 maniere aan hoe jy jou kind se selfbeeld...

Close