Gebruik jou geliefkoosde graankosbokse en begin jou groentradisie deur jou eie, unieke, herwinde geskenkbokse te skep! Dit is jou manier om jou geliefdes te wys hoeveel jy vir hulle én ons planeet omgee. #StartYourGreat
Wat jy nodig het
- Die sjabloon
- 2 graankosbokse (een vir elke geskenkboks)
- ’n Gomstiffie
- ’n Skêr
- ’n Liniaal
Volg hierdie stap-vir-stap-aanwysings om jou eie geskenkbokse te skep
(Neem asseblief kennis die selfdoen-geskenkboksie is vir seuns en die hartvormige-geskenkboksies is vir meisies.)
Stap 1
Kliek hier om die sjablone vir die selfdoen-geskenkboksie af te laai en hier om die sjablone vir die hartvormige-geskenkboksie af te laai, druk dit dan uit. Wenk: Jy sal twee sjablone nodig hê om jou boks te skep.
Stap 2
Maak jou geliefkoosde graankosboks versigtig oop waar dit vasgeplak is. Wees versigtig dat jy nie die boks skeur nie.
Stap 3
Kies watter dele van die graankosboks jy wil gebruik. Wenk: Kies kleurryke dele met prettige ontwerpe vir ’n treffende geskenkboks.
Stap 4
Gebruik die gomstiffie om die patrone op die blanko kant van die boks te plak.
Stap 5
Gebruik die skêr om die patroon versigtig uit te sny.
Stap 6
Gebruik die linaal om jou te help om al langs die lyne te vou.
Stap 7
Gebruik die gomstiffie om “oorslae” op die ooreenstemmende nommer te plak. Maak seker jy plak dit op die binneste, blanko kant van die boks.
Stap 8
Plaas druk toe en laat dit droog word.
Stap 9
Plaas die geskenk in die boks, vou en dis reg om te oorhandig.