×
Skakel na Engels

Spaar só op grimering

Sprankel met dié sakpas-wenke (sommige is selfs gratis!) van die skoonheidskenners af

Ons het kenners op die gebied van velsorg en grimering gevra om hul kostebesparende kunsies te verklap, en ook truuks wat hulle sélf toepas, met ons te deel. En jou voorkoms hoef net mooi niks terug te staan vir dié klompie slim ingrypings nie!

1. Veeldoelig

Gebruik veelsydige produkte. Vaseline kan jou wenkbroulyn aksentueer én as ’n lipglans gebruik word, en Bobbi Brown se romerige blosser kan op jou wange en lippe ingespan word. – Algria Ferreira, ’n grimeerkunstenaar

2. Dink groen

Hersirkuleer jou leë skoonheidshouers. Jy kry ’n gratis lip stiffie wanneer jy ses leë M.A.C-houers na ’n M.A.C-toonbank neem. – Jenna Hipp, ’n manikuris van die sterre

3. Doen eers ’n proeflopie

Vra by die toonbank vir monsters voordat jy besluit watter skakering jy gaan koop. Estée Lauder-toonbanke sal vir jou twee tot drie skakerings gee wat jy tuis kan uitprobeer. – Cathi Trevor, Goeie Huishouding se skoonheidsredakteur

4. Laat jou lipstiffie langer hou

Daar’s dikwels ’n halwe sentimeter meer in die houertjie wat jy net nie kan raaksien nie. Krap ’n verdere drie weke se kleurwaarde daaruit. Of meng ’n bietjie lipglans vir ’n suiwer kleurskakering by. – Daniel McFadden, ’n grimeerkunstenaar

5. Hou ’n ou tandeborsel byderhand

Gebruik dit om jou lippe sagkens glad te skuur. Maak die borsel nat en voeg ’n paar korrels suiker by vir ’n ekstra afskilfer-effek. – Sharon Ronen, ’n skoonheidsestetikus en stigter van Haven Spa Studio

Teks het oorspronklik in Goeie Huishouding, Augustus 2012 verskyn.

Lees ook:

Hoe om onderlaag reg aan te wend

Hoe gereeld moet jy jou grimering vervang?

Kure vir ‘n olierige vel

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die 10 goue reëls van orde skep

Met die nuwe jaar net om die draai is dit die ideale tyd om jou huis uit te sorteer. Skop...

Close