×

Sorg vir jou vel met Lipidol

Gebruik hierdie nuwe reeks produkte met ’n oliebasis in jou daaglikse velsorgroetine om te keer dat jou vel vog verloor

Die eerste stap in velsorg is om te keer dat dit vog verloor, en die beste manier om dit te doen is om elke dag olie in jou velsorgroetine te gebruik. Die vervaardigers van Bio-Oil, Justin en David Letschert, het die Lipidol-reeks spesifiek vir hierdie doel ontwikkel. Dit bestaan uit produkte met ’n oliebasis wat niekomedogenies is en is geskik vir ’n sensitiewe vel.

Daar is ses olies in die reeks, waarvan vier aangelos word – After Shower Oil, Sunscreen Oil, After Shave Oil en Overnight Face Oil – wat die vel se natuurlike olielaag aanvul en help om vog te behou. Die Cleansing Body Oil en Cleansing Face Oil reinig sonder om die vel se natuurlike olies te stroop.

Die Lipidol-reeks kos R79,95 elk en is by uitgesoekte Clicks-winkels landwyd beskikbaar.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe om letters en graffiti van mos te maak

Volg hierdie maklike stappe om mosletters en -woorde te maak, sowel as mosgraffiti vir buiteruimtes – dit is die perfekte...

Close