×
Skakel na Engels

Sonslim wenke vir die somer

Of jy die warm sonstrale geniet sonder om sonbrand op te doen, or lekker op die strand in die son baai, somertyd beteken jy het beskerming nodig. Vogrome met SBF, anti-humiditeit-haarprodukte en sonrome is alles goeie beleggings vir die warm maande wat voorlê

 

 

1. Om jou voete te verkoel is ’n vinnige manier om jou liggaamstemperatuur te verlaag. Die groot bloedvate in jou bene voer koeler bloed na jou middellyf. Wees op die uitkyk na voetrome wat kruisement bevat – mentol stimuleer jou vel se reseptore wat koue aanvoel.

2. Probeer dié kombuiskuur: Laat teesakkies in kookwater trek en los dit oornag in die yskas. Hou dit vir ’n rukkie op jou polse, slape of ooglede. Die kafeïen en antioksidante in tee help verminder inflammasie.

3. Hou sonskermmiddels in ’n koelsak op die strand. Wanneer jy dit weer moet aanwend, sal jou vel dus die nodige beskerming én ’n koel lafenis kry.

4. Verruil dik lyfrome vir ligte, bevogtigende jels. Dit trek makliker in en sal nie jou vel taai laat voel nie

5. Wil jy verbruiner op jou gesig gebruik? Wend ’n bietjie bevogtiger al langs jou haarlyn en wenkbroue aan om te voorkom dat die hare die verbruiner absorbeer en rooi raak.

6. Om verbruiner egalig aan te wend moet jy jou vel goed voorberei. Was jou lyf met ’n skropmiddel met ’n roombasis, nie ’n oliebasis nie. Olierige produkte vorm ’n lagie op jou vel wat sal verhinder dat die verbruiner egalig geabsorbeer word.

7. Verbloem selluliet deur verbruiner aan die probleemgebiede aan te wend.

8. Gaan jy heeldag langs die swembad lê? Vermy kafeïen- en gasdrankies en drink eerder water en yskruietee. Dehidrasie droog jou vel uit en verhoog jou risiko vir plooie.

9. Vuiligheid en bakterieë broei graag in swembroekbandjies en bikini-toppies se lusse. Dié punte skuur teen jou vel en veroorsaak puisies. Was jou swemklere daagliks met ’n ligte handewasseep.

10. Laat jou grimering heeldag vars en mooi lyk selfs al is jy warm en sweterig – druk kladpapier of ’n poeiersponsie wat in sneespapier toegedraai is liggies op jou gesig. As jy poeier op ’n sweterige gesig aanwend, sal dit klonterig lyk.

11. Het jy nie verbruiner nie? Meng ’n bietjie onderlaag (’n skakering of twee donkerder as jou vel) met jou lyfroom en smeer dit aan jou bene en arms vir ’n natuurlike gloed wat later maklik in die stort afgewas kan word.

12. Laat verbruiner langer op jou vel hou deur daagliks (12 uur nadat jy verbruiner aangewend het) bevogtiger aan te wend. Vermy rome met mineraalolie wat die kleur sal verwyder.

13. Op dae wat jy nie strand toe gaan nie, moenie sonskerm net aan jou gesig aanwend nie. Beskerm ook jou décolletage, nek, die agterkant van jou hande en sensitiewe dele soos jou lippe, ore en oë.

14. Nog ’n manier om meer vitamien D in te kry is om eiers, olieryke vis en verrykte sojaprodukte en margarien te eet.

15. Hitte en humiditeit kan jou vel olierig maak. Hoe meer olie jou vel vervaardig, hoe groter sal jou porieë raak. Clinique Pore Refining Solutions help verklein porieë.

16. Jou hare het ook beskerming teen die son nodig. Hou dit mooi deur ’n intense haarmasker aan te wend voordat jy die huis verlaat.

17. Vul jou hare se verlore vog aan deur voedende haarprodukte te kies wat ryk aan natuurlike plantolies is.

18. Vir die volmaakte somergeur, soek geure met verkwikkende blomnote soos pinksterroos en freesia of verfrissende sitrusnote soos suurlemoen, pomelo, nartjie of yuzu.

19. Nadat jy in die see of swembad was, spoel jou hare onder die stort af om van soutwater en chloor ontslae te raak en kam ’n haarmasker of opknapper deur jou hare.

20. Laat jy jou hare kleur? Vra vir ligter skakerings rondom jou gesig om jou vel helderder te laat lyk.

21. Kry die maksimum beskerming uit jou sonskermmiddel met hierdie drie betroubare wenke. Eerstens: Wend ’n sonskerm altyd aan ’n droë vel aan. Tweedens: Wend sonskerm aan 20 minute voordat jy in die son gaan wees. Laastens: Wend elke twee uur nóg aan.

21. Beskerm jou oë: Koop net ’n sonbril wat UVA- én UVB-beskerming bied.

22. Die regte dieet kan jou oë teen sonskade help beskerm. Kies kosse ryk aan luteïen, soos eiers, spinasie en suikermielies.

23. Bestel ’n pizza en aartappelskyfies! Verwerkte tamaties in tamatiepasta, tamatiesous en marinarasous is ryk aan likopeen, ’n kragtige antioksidant wat die ontsteking help beveg wat deur UV-strale veroorsaak word.

23. Kyk uit na hierdie bestanddele in jou sonskerm vir die beste beskerming: sinkoksied (verkieslik meer as 5%); ’n kombinasie van avobensoon (verkieslik meer as 2%) en oktokrileen (verkieslik meer as 3,6%); of ’n produk met ecamsule.

24. Wees toegewyd oor sonbeskerming ná enige soort haarverwydering, maar veral wasbehandelings omdat dit die toplaag van die vel verwyder en dit dan makliker brand.

25. Wanneer dit by haarverwydering kom op plekke wat geneig is om te verkleur – ’n toestand wat deur sonblootstelling vererger word – soos die bolip, bly liewer weg van wasbehandelings en gebruik ’n ontharingsroom of laat dit met ’n garebehandeling (threading) verwyder.

26. In ’n nuwe studie is bevind dat die vel van vroue wat daagliks ’n sonskermmiddel gebruik ’n verstommende 24% minder verouder as dié wat ’n sonskerm minder gereeld gebruik.

27. Onthou dat sonstrale weerkaats en verskerp word wanneer jy langs die water sit. Hou jou sonhoed op en wend minstens elke twee uur nog sonskermmiddel aan.

28. As jy gaan swem, kies ’n waterbestande sonskermmiddel. Dit sal jou beskerm terwyl jy in die water is, maar jy sal nog moet aanwend sodra jy jou afgedroog het.

29. Sodra ’n sonskermmiddel oopgemaak is, sal dit vir twee tot drie jaar hou indien jy dit tussen seisoene op ’n koel, donker plek bêre.

30. Nie seker hoeveel sonskerm om te gebruik nie? As dit ’n room is, moet jy elke twee uur ’n likeurglasie vol aan jou lyf en ’n teelepel vol aan jou gesig smeer. Sproei? Spuit dit in ’n sigsagbeweging aan tot jy blink en vryf dit dan in – selfs al sê die verpakking jy hoef nie!

31. Vir ’n sensitiewe vel, kyk op die etiket van jou sonskerm om seker te maak dit is hipoallergeen, geurloos en bevat nie para-aminobensoëuur (PABA) nie.

 

 

 

 

 

 

Goeie Huishouding lesersaanbod!

Gebruik die spesiale aanbod-kode GHSUMMER om jou moet-hê velprodukte van Clinique te koop, en kry dié produkte absoluut gratis:

  • Different Nail Enamel For Sensitive Skins, ter waarde van R170
  • PLUS  ’n uitgawe van Goeie Huishouding

Hier is jou moet-hê velprodukte van Clinique:

 

  • The Moisture Surge CC Cream, SPF 30 Hydrating Colour Corrector – R355
  • The High Impact Waterproof Mascara – R215
  • The Chubby Stick Intense Moisturizing Lip Colour Balm –  R215

Registreer op Clinique se webtuiste om op datum te bly oor Spesiale Aanbiedinge. Gebruik nou jou GHSOMER aanbod-kode – Kliek hier vir meer inligting

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 Maniere om Fyn Lyntjies te Beveg

Beveg fyn lyntjies so gou as wat hulle verskyn

Close