×
Skakel na Engels

Sonskermmiddels: Moenie hierdie 4 plekke vergeet nie!

Maak seker jy beskerm hierdie somer jou hele lyf
sunscreen

 

’n Sonskermmiddel is noodsaaklik wanneer jy jou vel teen UVA- en UVB-strale beskerm, en dit behoort heeljaar lank aangewend te word. Maar slaan jy ’n paar belangrike plekke oor wanneer jy dit aanwend? Moenie hierdie plekke vergeet wat dikwels afgeskeep word nie:

1. Ore

Die ore is ’n hoërisiko-area vir velkanker, en ’n pet of die rand van ’n hoed bied nié voldoende bedekking nie. Wanneer jy jou hare vasmaak, ontbloot dit dikwels jou ore aan sonbrand. Wees dus rojaal wanneer jy dit aanwend.

2. Voete

Die gedagte aan sand wat aan die sonskerm op ons voete kleef is waarskynlik hoekom ons dit dikwels uit ons sonskermroetine laat, maar ons moenie. Bene is ’n algemene area waar melanome (’n kwaadaardige gewas wat met velkanker verbind word) voorkom en velkanker op voete word dikwels misgekyk.

3. Ooglede

Die ooglede is die dunste vel op ons liggaam, en gevolglik is dit meer vatbaar vir sonbrand. Om ’n bevogtiger met ’n sonskerm te gebruik is ’n goeie opsie, want die vel op die ooglede sal ’n bevogtiger beter absorbeer.

4. Agter die knieë

Dit is dikwels die mees afgeskeepte deel wanneer dit by die aanwending van sonskerm kom. Ons is genoeig om dit aan ons kuite en bobene aan te wend, maar vergeet die agterkant van die knieë. Dit stel hierdie area bloot, wat sonbrand tot gevolg kan hê.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
6-minute-tuisoefening vir fermer spiere

Hierdie daaglikse oefeninge van die spa-fiksheidsdirekteur Scott Danberg sal jou met min moeite ferm help hou

Close