×
Skakel na Engels

Is sommige lipsalwe eintlik sleg vir jou?

Dis dalk tyd om jou lipsalfgewoonte te heroorweeg
lipsalf

In die kouer maande is daar ’n hele paar skoonheidstameletjies wat ons moet oorkom, waarvan die algemeenste seker ’n droë vel is. Ons lippe kan ook deurloop as dit nie behoorlik bevog is nie en kan gevolglik afdop en bars. Baie van ons maak op lipsalf staat om ons lippe in ’n goeie toestand te hou, maar het jy geweet dat dit dalk meer skade as goed kan doen? 

Lees: 2 maklike grimeerkunsies vir voller lippe

Het jy al ooit gevoel dat kort nadat jy lipsalf aangewend het, jou lippe weer droog voel en na nog lipsalf smag? Dis omdat die meeste van die algemene lipsalwe wat ’n mens in die winkels kan koop bestanddele bevat wat nie net sleg vir die vel op jou lippe is nie, maar ook nie vir jou welstand goed is nie. Een van die hoofkomponente van lipsalwe is petroleum, wat ’n derivaat van steenkool en olie is.

Pleks van in die lippe in te trek, vorm dit ’n versperringslaag wat maak dat jou lippe uitdroog. Dit beteken basies dat lipsalwe net mooi die teenoorgestelde uitwerking het as wat jy dink. En droë lippe is nie net seer en ongemaklik nie, maar ook meer vatbaar vir die tekens van veroudering. Goed, noudat ons dít weet, hoe moet ons dan ons lippe plomp en gesond hou?

Lees: 7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee

Wanneer jy weer nuwe lipsalf koop, kyk na die bestanddelelys en maak seker dit bevat nie petroleum nie. Kies eerder natuurlike, organiese lipsalwe, want hul formules gebruik bestanddele soos bywewas, klapperolie en kakaobotter om lippe doeltreffend te hidreer en dit te help om vog in te seël. Dis nou iets waaroor ons, en ons lippe, kan glimlag!

FOTO: iStock/deniskomarov

LEES OOK:

Watter kleur lipstiffie pas jou? Voltooi gou hierdie vraelys

Kry sagte, gladde lippe

Laat jou lipstiffie jou oud lyk?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe om vinnig van ’n koorsblaar ontslae te raak

Koorsblare kan werklik jou lewe vergal, maar ons is hier met raad en hulp!

Close