×
Skakel na Engels

Só vou jy paslakens op

Drie stappe om hierdie skynbaar onmoontlike takie te vergemaklik

Stap 1:

Sprei die laken met die rekband na bo op jou bed uit. Vou die laken horisontaal in die helfte. Dop die boonste laag se hoeke om en vou dit binne-in die ooreenkomstige hoeke van die onderste laag.

 

Stap 2:

Vou die laken weer in die helfte sodat die dubbele hoeke nou bo-op mekaar lê. Dop die boonste twee hoeke om en vou dit binne-in die onderste twee hoeke. Stryk die laken plat. Die rekband behoort nou ʼn “L” te vorm.

 

Stap 3:

Vou die langste sy van die L na die middel. Vou dan die ander sy bo-oor sodat die laken in drie lae lê. Vou die laken totdat dit die regte grootte is.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief