×
Skakel na Engels

Só lees mens ’n sonskerm etiket

As jy nie ’n kenner is nie, kan die fyn- druk op die etiket van ’n sonskerm verwarrend wees. Hier is wenke vir wanneer jy sonskerms gaan koop

 

AKTIEWE BESTANDDELE

Dit is die deel van die etiket wat aandui watter soort sonskerm dit is. In ’n chemiese formule is die aktiewe bestanddeel dikwels avobensoon (avobenzone). Ander is oktokrileen (octocrylene), oktisalaat (octisalate) en homosalaat (homosalate). In ’n minerale sonskerm is die aktiewe bestanddeel titaandioksied (titanium dioxide), sinkoksied (zinc oxide) of al twee.

 

SBF-NOMMER

Twee goed wat jy moet weet wanneer jy dié nommer sien: 1. Dit dui net aan hoe jy teen UVB- strale beskerm sal word wat sonbrand veroorsaak. Dit sê niks oor UVA-strale, wat plooie en velkanker veroorsaak nie. 2. Net ’n SBF 30 of hoër sonskerm met die woorde ‘breë spektrum’ daarop beskerm jou teen UVA- én UVB-strale. Moenie jouself met SBF 8 flous nie – enigiets minder as SBF 30 is so goed soos niks.

 

AANWYSINGS

Wat jy nié hier sal sien nie, maar moet weet: As dit ’n room is, moet jy elke twee uur sowat 25 ml (’n likeurglasie vol) aan jou lyf smeer, en sowat ’n teelepel vol aan jou gesig. As dit ’n sproei is, spuit dit met ’n sig- sagbeweging aan tot jy blink en vryf dit in – selfs al sê die verpakking jy hoef nie. Herhaal ná twee uur.

 

ONAKTIEWE BESTANDDELE

Dis waar jy alles kry wat nog in die formule is. Vir ’n sensitiewe vel, maak seker dis ‘hipoallergeen’ (hypoaller- genic), ‘geurloos’ (fragrance free) en sonder para-aminobensoësuur (PABA free). Lees die voorste én die agterste etiket om seker te maak. As jy maklik puisies kry, soek ’n olievrye en nie-komedogene (non- comedogenic) sonskerm.

 

Lees oor die 7 gevaarlikste sonmites in ons November-uitgawe – Nou op die rak!

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kry só sterker beendere

Melk is nie die enigste drankie wat kan help om jou risiko vir osteoporose te verminder nie ...

Close