×
Skakel na Engels

Só kry jy reuke en vlekke uit plastiekhouers

Laat oorskietkos jou plastiek-bêrehouers sleg ruik en lyk? Probeer dié wenke om van vlekke en reuke ontslae te raak

plastiekhouers

Reuke

  1. Los vier eetlepels koeksoda in een liter warm water op.
  2. Dompel die houer in dié oplos- sing. Week dit vir sowat 30 minute of tot die reuk verdwyn. Spoel uit en laat droog word.
  3. As die reuk steeds daar is, druk gefrommelde koerantpapier in die houer en sit die deksel op. Haal die papier ná ’n dag of twee uit; dit behoort die reuk te absorbeer. Was die houer en droog dit af.

Vlekke

  1. Meng ’n oplossing van een eet- lepel vloeibare chloorbleikmiddel per koppie warm water – genoeg sodat wanneer dit in die houer gegooi word, dit die gedeelte wat verkleur het, sal bedek.
  2. Gooi die oplossing in die houer. As die deksel ook gevlek is, plaas dit op die bodem van die wasbak en gooi van die bleikmiddel bo- oor. Laat week vir 30 minute.
  3. Was die houer en die deksel in warm, seperige water; droog dit af.

Maak dit volgende keer makliker:

Om vlekke te beperk, spuit houers en deksels met kleefwerende kos- sproei voordat jy kos wat tamatie en borrie bevat, daarin skep.

Maak seker dat ’n houer mikrogolfveilig is voordat jy dit verhit. Indien nie, kan die plastiek in die hitte verswak en makliker verkleur en stink.

Bron: Goeie Huishouding 2013

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Bespaar só op huisverbeterings

Nie elke huishoudelik fout het ’n (duur!) nutsman nodig nie. Ons wys jou hoe om algemene huisverbeterings self te doen

Close