×
Skakel na Engels

Só hou jy salonmooi hare langer sag en reguit

Hare wat deur ’n haarkapper of -stilis drooggeblaas is, voel darem net anders. Só kan jy die mooi reguit resultate langer laat hou
reguit

 

Mooi drooggeblaasde hare kan ons meer selfversekerd in vergaderings laat voel, ’n uitrusting vir ’n spesiale geleentheid afrond en selfs jou gemoed ná ’n rowwe week opkikker. Om hierdie luukse haargevoel langer te laat hou beveel ons die volgende moets en moenies aan:

1. Stort korter …

… en dra ’n stortkeppie terwyl jy stort. Ons behoort almal vinniger te stort weens die huidige waterbeperkings, maar as jy ekstra motivering kort, onthou dat hitte en stoom jou hare kan laat kroes, wat die mooi reguit resultaat van jou salonbesoek sal ruïneer.

2. Moenie te veel aan jou hare vat nie

Dis moeilik om nié heeltyd aan fluweelgladde lokke te wil vat nie, maar dis die moeite werd – ons belowe! Olierige vingerpunte (ons het dit almal) sal jou hare hul oemf laat verloor. Hou dus by ’n haarborsel vir die volgende paar dae.

Lees ook:  Dít is nie die beste tyd van die dag om hare te borsel nie

3. Verfris dit met droë sjampoe 

Min dinge sal mooi uitgeblaasde hare so vinnig ruïneer soos ’n bietjie sweet. Dis egter moeilik om te vermy, veral met ons warm somers. Gelukkig is droë sjampoe ontwerp om olie en sweet vinnig te absorbeer. Wend dus ’n bietjie aan jou haarlyn aan en kam dit deur. Is jou droë sjampoe op? Babapoeier werk net so goed.

4. Slaap op ’n sykussingsloop

Gewone kussingslope is geneig om jou hare en vel uit te droog, iets wat jou teenverouderingsroetine lelik in die wiele kan ry. Hoewel kenners sê sykussingslope seël vog in terwyl ons slaap, het ons gevind dat hierdie slim beleggings boonop keer dat jou hare vashaak en uittrek en ook koek.

Ons is dol oor hierdie 100% sykussingslope van The Silk Lady wat plaaslik vervaardig word. 

FOTO: iStock/skynesher

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Getoetste produkte: Haartange

Kies die regte haartang: Of jy krulle of reguit hare wil hê, jy kort ’n haartang wat vir jou spesifieke...

Close