×
Skakel na Engels

Smaaktoets: Wit vonkeldruiwesap

Vonkeldruiwesap is lig en verfrissend en geskik vir enige viering en spesiale geleentheid. Ons het vyf handelsmerke getoets en dié vyf het ons beïndruk

EERSTE PLEK

 

 

Grapetiser Sparkling 100% White Grape Juice (R24,99 vir 750 ml, Pick n Pay) het loshande gewen. Dit het ’n heerlike soet druiwesmaak en ’n gebalanseerde, bruisende nasmaak.

 

 

TINTELEND EN SOET

 

 

 

Ceres 100% Sparkling White Grape Juice (R20,99 vir 750 ml, Pick n Pay) het goed gevaar. Ons toetsers het van die goue kleur gehou en die prys is heel billik.

 

 

 

GOUE GENOT

 

 

 

Tulbagh Pure White Grape Juice (R41,99 vir 750 ml, Pick n Pay) het ’n vars druiwe-aroma en ’n skerp, soet smaak waaroor ons toetsers dol was.

 

 

Ook getoets:

 

Lig en lieflik

 

 

Monis Sparkling Classico 80% druiwesap is perfek vir diegene wat ‘n ligter geur verkies met dieselfde verfrissende smaak.

Prys: R41,99 for 750ml, Pick n Pay

 

 

 

Skerp en geurig

 

 

Toetsers meen dat die Monis Sparkling 100% druiwesap ’n goeie kleur en skerp smaak het.

Prys:  R22,99 for 750ml, Pick n Pay

 

 

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Smaaktoets: Sjokoladesmere

Ons ”het ”vyf” handelsmerke ”se” sjokoladesmere” getoets ”om ”uit ”te” vind” watter” een ”jy ”in ”jou” spens” móét” hê. š”Hier...

Close