×
Skakel na Engels

Smaaktoets: Sjokoladesmere

Ons ”het ”vyf” handelsmerke ”se” sjokoladesmere” getoets ”om ”uit ”te” vind” watter” een ”jy ”in ”jou” spens” móét” hê. š”Hier ”is” die” drie” uitblinkers:

WENNER

 

 

Toetsers het van die ryk geur en ganache-voorkoms van Woolworths Nut Butter in Chocolate Hazelnut (R39,99, Woolworths) gehou. Hulle sê dis “grof, maar lekker” en dit het ’n skerp haselneutaroma.

 

 

GLAD EN ROMERIG

 

 

Die haselneutsmaak en fluweelagtige tekstuur van Nutella Hazelnut Spread with Cocoa (R26,99, Checkers) het ons toetsers beïndruk.

 

 

LEKKER NEUTSMAAK

 

 

Toetsers het van die geur en growwe tekstuur van Black Cat Chocolate Peanut Butter with Choc Chips (R29,99, Checkers) gehou.

 

 

OOK GETOETS

 

Charms Choc Spread Chocolate Hazelnut Spread

 

 

Dié sjokoladesmeer het ’n blink voorkoms en is baie soet. Toetsers het gesê die tekstuur was “glad met klein korreltjies”.

R34,99, Pick n Pay

 

 

Red Bicycle Chocolate Hazelnut Duo Spread

 

 

Toetsers het gesê dit het ’n soet haselneut-en-sjokoladegeur. Hulle het gesê dit het ’n gladde tekstuur en voorkoms.

R44,99, Checkers

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Ons 20 beste sjokoladeresepte

Wie hou nié van sjokolade nie? Probeer dié heerlike GH-goedgekeurde resepte

Close