WENNER
FoodCo Cheddar (R26,60, Game) se ryk smaak en romerige tekstuur het daaraan die eerste plek besorg. Ons toetsers het van die gladde nasmaak gehou.
ROMERIG, DROMERIG
Parmalat Cheddar (R27,99, Checkers) se romerige smaak het ons toetsers beïndruk. Hulle het ook van die sagte tekstuur gehou.
SAG EN SOUTERIG
Simonsberg Mild Cheddar (R43,99, Checkers) het lof ontvang vir die romerige en effens soutige smaak, asook die subtiele nasmaak.
Ook Getoets:
SuperSpar 1st Grade Cheddar
Toetsers het van die kenmerkende cheddargeur en geel-oranje kleur gehou.
Prys: R12 vir 150g, Spar
Lancewood Cheddar
Toetsers het van die kleur gehou en die baie sagte cheddargeur geniet.
Prys: R43,99 vir 450 g, Checkers
DairyBelle Cheddar
Dié kaas het ’n baie sagte geur en ’n baie sagte tekstuur.
Prys: R27,99 vir 230 g, Checkers
Crystal Valley Creamy Cheddar
Ons toetsers het van die kenmerkende cheddargeur gehou.
Prys: R72,99 vir 750 g, Checkers
Woolworths Mature Cheddar
Toetsers het gesê dit het ’n aangename neuterige geur en ’n sagte, krummelrige tekstuur.
Prys: R35,95 vir 240 g, Woolworths
Woolworths Mild Cheddar
Dié kaas het ’n ligte cheddargeur en is ideaal vir diegene wat van kaas met ’n sagter smaak hou.
Prys: R30,95 vir 240 g, Woolworths
Ladismith Cheddar
’n Kaas met ’n skerp geur en ’n krummelrige tekstuur.
Prys: R73,47 vir 790 g, Pick n Pay
Clover Cheddar
Toetsers het gesê dit het ’n botterige en effense soutige geur.
Prys: R38 vir 240 g, Pick n Pay
PnP Cheddar Cheese
Toetsers het gesê die PnP Cheddar Cheese het ’n kenmerkende cheddargeur.
Prys: R25,75 vir 314 g, Pick n Pay
PnP Cheddar
Toetsers het opgemerk dat dit soos ’n “standaard- Suid-Afrikaanse cheddar” lyk en het gesê dit het ’n kenmerkende cheddargeur.
Prys: R33 vir 300 g, Pick n Pay