×
Skakel na Engels

Smaaktoets: Bevrore tamatie-pizzabasisse

Om te keer dat pizza korse pap raak moet dit nie laat ontdooi voordat jy dit bak nie. Ons het vyf handelsmerke se pizzabasisse getoets. Hier’s ons gunstelinge

EERSTE PLEK

 

 

 

PnP-tamatiepizzabasisse (R32,99 vir vier) het gewen. Ons toetsers het van die voorkoms gehou, asook die hoeveelheid tamatiesous, wat ’n effense kruiegeur het.

 

 

 

GOEIE WAARDE

 

 

Dr Oetker Happy Dayspizzabasisse (R29,99 vir vier, Pick n Pay) het ’n dik laag tamatiesous en ’n ewe lekker tamatiegeur.

 

 

 

BEDERFKOPIE

 

 

 

Woolworths Thin & Crispy Handcrafted-pizzabasisse (R38,95 vir twee) het volgens ons toetsers verreweg die beste kors.

 

 

 

 OOK GETOETS

 

Today-tamatiepizzabasisse

 

 

Ons toetsers het gesê dié pizzabasisse het ’n effense tamatiegeur en ’n swaar tekstuur. Dit smaak ook effens sout.

R29,99, Pick n Pay

 

 

Dr Oetker Ital Pizza Classic-pizzabasisse

 

 

Ons toetsers meen dié pizzabasisse het ’n subtiele tamatiegeur en die tekstuur is amper soos dié van brood.

R34,99

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Smaaktoets: Perske-ystee

Wanneer “die “kwik “begin “styg,•“ les“ jou “dors “met “een “van “dié“ verfrissende“ ystees. —“Ons“ het“ sewe“ produkte “getoets

Close