×
Skakel na Engels

Smaaklike kosblik-idee

Oud en jonk is dol oor hierdie klassieke toebroodjie-idee

Sasko verstaan die behoefte om kosblikkos interessant te hou – eerstens sodat jou kinders nie in die versoeking kom om hul toebroodjies gedurende pouse vir ’n snoephappie te verruil nie, en tweedens sodat jy nie ’n middagete gaan koop waarvoor jy nie begroot het nie omdat almal op kantoor iets interessanters eet as wat jy in jou kosblik gepak het.

Sasko bied ’n verskeidenheid heerlike opsies en het iets vir elke smaak, of jy nou wit-, bruin- of volgraanbrood verkies. Hul Low GI Dumpy Oats & Honey Flavoured White Bread (soos in die resep hier onder gebruik word) sal beslis enige kosbliktoebroodjies van vervelig in iets buitengewoons omskep.

SASKO-HOENDER-MAYONNAISE-TOEBROODJIES

Maak 4 toebroodjies

Bestanddele

  • 4 hoenderborsies
  • hoendergeurmiddel
  • 45 ml botter
  • 1 klein komkommer, gekap
  • 125 ml mayonnaise
  • sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
  • blaarslaai
  • 8 skyfies tamatie
  • 1 groot wortel, geskil en gerasper
  • 8 snye Sasko Low GI Dumpy Oats & Honey Flavoured White Bread, met botter gesmeer

Metode

1. Geur die hoenderborsies met die hoenderspeserye wat jy verkies.

2. Verhit die botter in ’n pan en braai die hoender tot goudbruin en deurgaar. Laat effens afkoel en sny in stukkies.

3. Voeg die komkommer en mayonnaise by en meng deur. Geur na smaak.

4. Plaas die blaarslaai, tamatie, hoender en gerasperde wortels op 4 snye van die brood. Plaas die oorblywende snye bo-op.

5. Sny elke toebroodjie in die helfte deur en draai toe tot benodig.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Heerlikste Kersfees-vleisvulsel

Dis een resep wat jy beslis moet probeer

Close