×
Skakel na Engels

Slimfoonverslawing

Verslaaf aan jou slimfoon? Al hoe meer Suid-Afrikaners erken dat hulle hul foon meer as hul lewensmaat sal mis as dit wegraak. Deur Leah van Deventer

In ’n onlangse studie deur iFix het twee derdes van Suid-Afrikaners erken dat hulle verslaaf aan hul fone is en meer as ’n derde het gesê hulle sal hul foon meer as hul lewensmaat mis as hulle dit sou verloor. Trouens, ’n verbysterende 68% het gesê hulle kyk meer na hul foon as na hul lewensmaat.

Die data wat iFix se mobiele toetseenheid ingesamel het, is gebruik om Suid-Afrikaners se verhouding met hul foon te ontleed en die voorkoms van FOBO (Fear of Being Offline) en PSA (Phone Separation Anxiety) vas te stel.

Die onderstaande resultate toon duidelik dat ons heeltemal te afhanklik van ons fone is.

  • 71% het gesê hulle verkies om hul lewe deur hul foon te deel (deur middel van sosiale netwerke, teksboodskappe en oproepe) as om iemand persoonlik te sien.
  • 74% van mense wat ondervra is, het gesê hulle kan nie die huis sonder hul foon verlaat nie.
  • 77% het erken dat hulle gereeld sonder rede na hul foon kyk.
  • 56% het gesê die eerste ding wat hulle in die oggend doen, is om na hul foon te kyk.
  • 54% het erken dat hulle geïrriteerd of ontsteld raak wanneer iemand anders hul foon gebruik.
  • 54% het gesê hulle kyk meer as drie keer per uur na hul foon, terwyl 18% gesê het hulle doen dit meer as tien keer per uur. (Dis amper twee keer elke tien minute in ’n uur.)
  • 52% het gesê hulle bestee meer as drie uur per dag op hul foon, terwyl 13% gesê het hulle bestee meer as 10 uur per dag op hul foon.
  • 48% het gesê hulle sosialiseer meestal op hul foon.

Ons dink dis skokkend, of wat dink jy?

Wil jy sien hoe jy vaar? Doen hier ’n aanlyntoets.

Wil jy sien hoe die studie gedoen is? Kyk hierdie video:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
’n Pa se werk

Dié een is vir al die pa’s

Close