×
Skakel na Engels

Slim koskeuses vir jou troeteldiere

Doen ingeligte koskeuses om jou troeteldiere gesond te hou en só geld op veeartsbesoeke te spaar
healthy food

Oortollige vetjies is nie net vir mense problematies nie. Blykbaar is die helfte van alle katte en honde oorgewig en dit kan tot gesondheidsprobleme soos artritis en diabetes lei. Lees kosetikette met ’n valkoog om jou diere gesond te help hou.

  1. Die eerste twee bestanddele moet verkieslik diereproteïen soos salm, hoender of lamsvleis wees.
  2. Dit moet koolhidrate bevat. Dis ’n goeie bron van energie wat in groente soos ertjies en wortels of in grane soos gars kan voorkom.
  3. Volgens navorsing is die porsiegroottes op verpakkings dikwels meer as wat diere behoort te eet. Skep dus soveel kos as wat jou veearts voorstel en nie hoeveel op die pakkie of blik staan nie.

En laastens, koop in groot maat! As jy ’n klein pakkie koop, kan jy dalk meer per kilo betaal. As jou hond nog klein is, koop ’n groot pak en bêre die res in ’n plastiekhouer. Hoewel winskopies aanloklik kan wees, bly eerder by een handelsnaam, anders kan jou troeteldier dalk verteringsprobleme ontwikkel.

 

Vir meer oor oorgewig troeteldiere, besoek www.goodhousekeeping.co.za/af/family-relationships/a-weighty-issue

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
3 huishoudelike gebruike vir suurlemoen

Skrop en skuur sonder moeite danksy dié natuurlike skoonmaakmiddel

Close