×
Skakel na Engels

Slaap beter

Voel jy uitgeput gedurende die dag? Gryp jy na koffie of energiedrankies om wakker te voel? Raak jy saans aan die slaap sodra jou kop die kussing raak? Rol jy rond in die bed? As jy ja op hierdie vrae antwoord, kan dit beteken dat jy ’n gebrek aan slaap het

 

 

Lees hier hoe jy beter kan slaap – sommer vanaand nog:

 

Dis belangrik om te verstaan dat slaapgesondheid na die gehalte van jou slaap verwys, nie na die aantal ure wat jy slaap nie. ’n Gesonde nagrus is noodsaaklik vir jou geestelike, fisieke en emosionele gesondheid. Terwyl jy slaap, herstel jou spiere, immuun- en senustelsel hulself, en die deel van die brein wat emosies, geheue, gemoed, sosiale interaksie en selfs spraak en besluitneming beheer, herstel van die stremming van die dag. Slaap verskaf dus die noodsaaklike en welkome rus wat jou liggaam en gees nodig het.

 

Die drie faktore hier onder dra by tot jou gesonde slaap:

 

Tydsduur

Die getal ure wat jy slaap, behoort jou van genoeg energie en geestelike wakkerheid vir die volgende dag te voorsien. Volgens die Nasionale Slaapstigting in die VSA het volwassenes sewe tot nege uur slaap nodig.

 

Ononderbrokenheid

Gehalte-slaap behoort aaneen en sonder steurnisse te wees sodat jy nie wakker word nie.

 

Diepte

Slaap moet diep genoeg wees om herstellend te wees.

 

5 wenke vir ’n gesonde nagrus, elke aand:

  1. Raak rustig voor bedtyd en verminder jou polssnelheid deur te lees, ontspan en na sagte, kalmerende musiek te luister.
  2. ’n Warm bad voor bedtyd streel die liggaam om te slaap.
  3. Vermy toestelle en elektronika wat die brein stimuleer, soos ’n TV, tablet, skootrekenaar en selfoon.
  4. Maak jou slaapkamer ’n toevlugsoord waar jy jou liggaam laat herstel, rus en opfris.
  5. Belê in ’n matras en kussing wat druk verlig, soos TEMPUR se Original Mattress Collection, om ’n rondrollery te verminder en die herstellende voordele van slaap te verbeter.

 

Jou liggaam, gees en siel verdien gehalteslaap op ’n gehaltematras wat jare lank ondersteuning sal verskaf. Jou matras behoort by jou liggaam aan te pas sodat jy elke nag die luukse van ’n rustige nagrus kan geniet. TEMPUR se unieke temperatuursensitiewe materiaal vorm sagkens volgens jou liggaamsvorm en bied ’n perfekte balans van gerief en uitstekende ondersteuning – sag waar jy dit wil hê en ferm waar jy dit nodig het.

 

Die TEMPUR-reeks sluit matrasse, kussings, gespesialiseerde lumbale-ondersteuningsprodukte, ’n reisreeks en verstelbare basisse, asook bykomstighede en beddegoed in. TEMPUR-produkte is landwyd in vertoonlokale beskikbaar saam met kopstukke en basisse wat deur Pharmaline versprei word. Vir meer inligting en jou naaste vertoonlokaal bel 0861 60 60 60 of besoek za.tempur.com en www.pharmaline.co.za.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Skakel na Engels

Slaap beter

Die perfekte nagrus hang alles van voorbereiding af. Probeer ons moets en moenies – dit kan help om jou beter te laat slaap

 

 

MOET

 

• Drink melk, Horlicks, kamilletee.

• Eet ’n ligte versnapering – okkerneute en amandels is goeie keuses.

• Strek.

• Lees.

• Stel ’n doenlysie op.

• Gaan slaap elke aand dieselfde tyd.

• Skep ’n aanloklike omgewing met sagte beligting en gemaklike beddegoed.

 

 

 

MOENIE

 

• Alkohol of drankies met kafeïen drink nie.

• ’n Swaar maaltyd minder as twee uur voor bedtyd eet nie.

• Minder as twee uur voor bedtyd oefen nie.

• Met elektroniese toestelle werk nie.

• Vir môre se voorlegging begin voorberei nie.

• Vroegaand ’n uiltjie knip nie.

• Klere op die vloer laat lê of aan die kasdeur laat hang nie.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoeveel slaap het almal nodig?

Gebruik dié riglyne as ’n vertrekpunt, maar as jou kind knorrig is, tydens motorritte aan die slaap raak, sukkel om...

Close