×
Skakel na Engels

Skoonmaakprodukte om jou huis vars en skoon te hou

Jou gids tot skoonmaakprodukte vir elke vertrek
Mom and daughter cleaning

 

Die seisoenswisseling is die ideale tyd om jou huis vir die herfs voor te berei en skoon te maak. Plush het die perfekte reeks bekostigbare huishoudelike skoonmaakprodukte wat jou hele huis vars en skoon sal laat voel!

Plush products

Kyk na die groot verskeidenheid skoonmaakprodukte in die Plush-huissorgreeks – daar’s iets vir elke skoonmaakbehoefte:

Plush se veeldoelige reinigers:

Het jy ’n veeldoelige reiniger nodig? Plush het fantastiese produkte vir elke oppervlak:

1. Plush Supreme Multi-Surface Cleaner

Laat jou pragtige meubels altyd nuut lyk met Plush Supreme Multi-Surface Cleaner. Hierdie Plush-produk hou alle oppervlakke skoon, van badkamerteëls tot leer, hout en toestelle. Plush Supreme Multi-Surface Cleaner is in vyf geure beskikbaar: Floral Fantasy, Orange Blossom, Lavender, Potpourri en Spring Fresh.

2. Plush Supreme Pine Gel All Purpose Cleaner

Hierdie produk is ’n een-stap-reinigingsoplossing wat vir enige oppervlak geskik is. Dis in 500 ml- en een-liter-houers beskikbaar.

3. Plush Supreme All Purpose Cream

Plush Supreme All Purpose Cream is spesifiek geformuleer om hardnekkige vuiligheid en aanpaksels op alle oppervlakke te verwyder, waaronder baddens, storte, teëls, toonbanke en vloere. 

4. Plush Supreme Floor & All Purpose Cleaner

Hierdie produkte raak van vuiligheid en aanpaksels ontslae en laat jou huis geurig en vars ruik. Plush Supreme Floor & All Purpose Cleaner is in vier geure beskikbaar: Orange Blossom, Lavender, Potpourri en Spring Fresh.

Vir houtvloere en -meubels:

1. Plush Supreme Liquid Wooden Floor Polish

Hierdie nuttige produk reinig, voed en bewaar houtvloere.

2. Plush Supreme Wood & Laminate Floor Cleaner

Hierdie reiniger vir hout- en gelamineerde vloere maak skoon en blink en beskerm alle geseëlde hout- en gelamineerde vloere in een maklike stap. Dis in twee geure beskikbaar: Lavender en Orange Blossom.

3. Plush Wooden Furniture Oil

Plush Wooden Furniture Oil voed en beskerm hout, bring die grein na vore en gee die hout ’n natuurlike glans. Hierdie produk is in ’n ligte en ’n donker skakering beskikbaar.

4. Plush Wooden Furniture Cream

Hierdie produk verleen glans aan hout wat gerestoureer moet word.

Vir vloerteëls en matte:

1. Plush Supreme Tile Cleaner

Hierdie vloerreiniger maak vloerteëls skoon en beskerm dit terselfdertyd. Dis in vyf geure beskikbaar: Floral Fantasy, Orange Blossom, Lavender, Potpourri en Spring Fresh.

2. Plush Supreme-matsorgreeks

Hierdie reeks verwyder hardnekkige vuiligheid en vlekke. Die reeks bestaan uit ’n Carpet Foam Stain Remover, Carpet Shampoo en Carpet Spot & Stain Remover.

Vir die kombuis:

1. Plush Kitchen Cleaner

Plush Kitchen Cleaner verwyder hardnekkige aanpaksels, vuiligheid en klewerige residu in een maklike stap.

2. Plush Supreme Dishwashing Liquid 

Hierdie nuttige produk dring moeiteloos deur die olierigheid op skottelgoed en laat dit vlekkeloos.

3. Plush Supreme Oven Cleaner 

Hierdie oondreiniger verwyder vuiligheid en aanpaksels, en reinig en beskerm oonde in een maklike stap.

4. The Plush Supreme-spesialishuissorgreeks

The Plush Supreme-spesialishuissorgreeks bied drie sakpas skoonmaakmiddels wat jou kombuis silwerskoon sal laat. Dit sluit die Plush Supreme Metal & Stainless Steel Cleaner, Plush Supreme Glass/Ceramic Cooktop Cleaner en Plush Supreme Granite Cleaner & Polisher in.

5. Plush Window Cleaner

Hierdie fantastiese vensterreiniger sal jou vensters, glas- en glansende oppervlakke skoon, blink en sonder strepe en merke laat.

6. Plush Supreme Leather Cream

Hierdie produk beskerm jou leeroppervlakke en bring die natuurlike glans daarin na vore. Dit kan op alle leermeubels gebruik word, waaronder rusbanke, sitkamerstelle, stoele en motorsitplekke.

Vir die badkamer:

1. Plush Bathroom Cleaner

Hierdie produk verwyder seepskuim, kalkaanpaksels en hardnekkige vlekke. Dis geskik om op alle oppervlakke in jou badkamer te gebruik: die bad, stortdeure en teëls, die toiletbak, wasbak en krane.

2. Plush Supreme Toilet Cleaner 

Plush Supreme Toilet Cleaner se hardwerkende formule verwyder vlekke in die toiletbak en laat dit blinkskoon en vars. Dis in Lavender-, Potpourri-, Spring Fresh- en Lemon-geur beskikbaar.

Volg @PlushSA op Facebook of besoek Plush vir nog inligting oor Plush. 

Hooffoto: iStock/vadimguzhva

Plush logo

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 kombuisgoed vir minder as R250 wat jy VANDAG nog sal wil koop

Dis dinge wat ons hart begeer, en ons glo joune gaan ook!

Close