×
Skakel na Engels

Skoonmaak-wenke vir ná partytjies

Wanneer jou kuiergaste huiswaarts gekeer het, bly jy – en al die gemors – alleen agter. Hier is wenke om jou taak die volgende dag makliker te maak

dinner party

Grootste uitdagings

 

  1. ’n Tafel vol krummels en kos
  2. Oorskiet en ’n oorvol vullisblik
  3. Vuil skottelgoed in die wasbak

 

 

Vinnigste oplossings

 

1. Maak die tafel skoon

 

Indien jy krag het om net een vertrek reg te ruk, kies die eetkamer. Dek alles af en neem dit na die kombuis. Gaan skud die tafeldoek buite uit. Gooi dit en enige ander linne in ’n emmer om te week of gooi dit direk in die wasmasjien. (Klad vuil kolle met ’n produk wat vlekke vooraf verwyder.)

 

 

2. Só maak mens met oorskiet

 

Gooi kos soos doopsouse, groente en slaaie, wat jy normaalweg in die yskas sou sit, weg indien dit heeldag buite gestaan het. Bedek nou die kos wat jy gaan hou met foelie of kleefplastiek en skep dit die volgende dag in houers uit. Krap alle borde skoon en skraap die vetterigheid uit oondpanne in die vullisblik – die volgende oggend sal jy bly wees jy het dit gedoen.

 

 

3. Durf die toonbanke aan

 

Vat al die wanorde binne en rondom die wasbak vas. Spuit skottelgoedseep in vetterige potte en sit dit in ’n wasbak vol warm water. Pak die skottelgoedwasser en begin met ’n wassiklus. Stapel die res van die skottelgoed opmekaar sodat jy dit die volgende oggend kan was.

 

 

Maak dit volgende keer makliker …

 

  • Voer die vullisblik met ’n dubbel- of trippellaag plastieksak uit.
  • Voer oondpanne met foelie uit sodat jy dit volgende keer kan weggooi as jou kos klaar is.
  • Maak seker jou skottelgoedwasser is voor die partytjie leeg sodat jy (of welkome kuiergaste) dit stelselmatig kan vollaai.

 

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Drie huisverbeteringe in 15 minute

Dié moeitelose verbeteringe maak ’n groot verskil

Close