×
Skakel na Engels

Skoonheidsspons

By GH is ons dol oor ’n goeie skoonheidshulpmiddel, en vandag s’n is geen uitsondering nie. Die MIRA 100% Natural Fiber Konjac Beauty Sponge, gemaak van die Japanse konjakplant, is hipersag, bevat geen parabene of sulfate nie en is heeltemal natuurlik. Van die eienskappe is:

 

 

– Dit is van nature alkalies, wat die pH van die vel doeltreffend balanseer

– Dit stimuleer bloedvloei

– Dit raak ontslae van vuiligheid, swartkoppies en verstopte porieë

– Dit verwyder grimering doetreffend

– Dit keer bakterieë wat aknee veroorsaak

– Dit sal nie jou vel skaaf nie

– Dit reinig diep

– Dis goed vir ’n hipersensitiewe vel

– Dis 100% bioafbreekbaar

 

Hoe om dit te gebruik: Week die spons in koue water en masseer die vel sagkens in sirkelbewegings. Spoel af en druk oortollige water uit.

Hoe om dit te bêre: Hang dit op ’n koel, goed geventileerde plek om lugdroog te word.

 

Waar jy dit kan koop: Wellness Warehouse

Prys: R195

 

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief