×
Skakel na Engels

Skep ’n ekovriendelike kombuis

7 wenke oor hoe om energie en geld te bespaar

Op die oomblik gons bykans die hele wêreld oor één onderwerp – die bewaring van ons planeet. Ons kan almal help deur ons huise meer omgewingsvriendelik te begin maak.

Hulle sê die kombuis is die hart van jou huis, so hier is sewe wenke vir hoe om energie in jou kombuis te bespaar:

  1. Skakel kombuistoestelle by die muur af wanneer jy dit nie gebruik nie.
  2. Verruil jou gewone gloeilampe vir energiebesparendes.
  3. Probeer om meer as een gereg op ʼn slag voor te berei. Deur jou stoof net twee of drie keer per week te gebruik, sal jy baie krag én geld spaar.
  4. Moenie die ketel elke keer to bo volmaak nie. Kook net soveel water as wat jy nodig het.
  5. Sorg dat daar genoeg lugsirkulasie langs en agter jou yskas is sodat dit nie onnodig hard moet werk om jou kos koud te hou nie.
  6. Konveksie-oonde is vining en gebruik minder energie as gewone oonde.
  7. Bespaar krag deur korter was- en spoelsiklusse op jou skottelgoedwasser en wasmasjien te kies.
 
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Pasop vir versteekte kostes

Wanneer jy ’n verdagte bedrag op ’n rekening raaksien – soos ’n onverklaarbare ‘onderhoudsfooi’ of ’n onverwagte ‘aktiveringsfooi’ – moet...

Close