×
Skakel na Engels

Skep jou eie Kersfees-toedraaistasie

Maal jou geskenke die mooistes onder die boom!
Kersfees-toedraaistasie

Dis soveel makliker om geskenke te versier wanneer jy ’n toedraaistasie het met al jou benodighede byderhand!

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

1. Kies ’n plek 

Kies ’n ruimte (’n kantoor of ’n hoekie in jou slaapkamer) wat ’n stewige oppervlak vir toedraai het, soos ’n lessenaar of ’n tafel. ’n Opslaantafel kan ook werk.

2. Hou dit georganiseerd

Gebruik ’n sambreelstaander, ’n mandjie of ’n lang kombuisdrom om papier regop langs jou stasie te bêre.

3. Mooi netjies 

Span ’n kombuispapierhouer of ’n muurreling in om linte netjies te hou en ook sodat jy dit maklik kan afrol.

4. ’n Gewigtige saak

Koop ’n swaar kleeflintroller. Só kan jy kleeflint met een hand afskeur en steeds daardie volmaakte vou met jou ander hand vashou. Dit dien ook as ’n papiergewig om te keer dat geskenkpapier krul terwyl jy dit knip.

5. Skryf in styl

Sorg dat jy dun viltpenne jou geskenkkaartjies bederf nie.

6. Hou dit onder beheer

As ruimte beperk is en jy nie die stasie permanent opgestel kan hou nie, pak alles behalwe die papier – linte, kaartjies, strikke – in ’n groot toiletwaremandjie. Haal dit dan uit soos nodig.

FOTO: iStock/AndreaObzerova

LEES OOK:

5 alternatiewe geskenkidees wanneer jy nie weet wát om te gee nie

Ons 10 beste Kersfeeskoekie-resepte

10 Kersfeeswenke van Suzelle DIY

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Moet-hê-grimeergeskenke vir die vroue in jou lewe

Ons sou nie omgee vir só iets onder ons Kersboom nie ...

Close