×
Skakel na Engels

Skenk jou ou naellak

Moenie jou gebruikte naellak weggooi nie – skenk dit aan ’n goeie saak

 

So baie van ons is daaraan skuldig om elke naellakskakering te begeer waarvan ons hou, dit vir ’n spesiale geleentheid of uitrusting te koop, dit ’n paar keer te gebruik en dan na die volgende een aan te beweeg. Dit het ’n oorvol badkamerkassie met ’n versameling halfleë, halfdroë naellakbotteltjies tot gevolg wat ons eindelik weggooi.

Jy knik jou kop, want jy weet dit is so, nè?

Hierdie winter het Sorbet goeie nuus om jou “kleure op die solder”-gewoonte te ondersteun: ’n wen-wen-oplossing vir jou wat jou kas netjies sal hou en jou fantasties sal laat voel. Die Sorbet Empowering Women (SEW) Academy het ’n oproep gedoen dat alle nuwe of gebruikte naellakbottels aan hul SEW-fonds geskenk word ter ondersteuning van hul naeltegnikus-opleidingsprogram.

“Ou naellakbottels het nog baie lewe in hulle,” sê Jade Kirkel, bemarkingsbestuurder van die Sorbet-groep. “Ons het ’n beweging om ou botteltjies as opleidingsmateriaal in ons SEW-akademie te gebruik om ons naeltegnikusse te ondersteun op hul droomreis om gekwalifiseerde skoonheidsterapeute te word,” sê sy.

Die SEW-trust bestaan al vyf jaar en probeer die geldverdieningspotensiaal en omstandighede van voorheen benadeelde vroue in Suid-Afrika verbeter deur opleiding te verskaf wat hulle in staat stel om werk in die skoonheidsbedryf te kry.

“Die onderliggende filosofie van die Sorbet-groep is om ’n verskil in mense se lewe te maak. SEW gee ons ’n geleentheid om iets vir die gemeenskap te doen. Daar is so baie mense wat sukkel en dit gee hulle ’n kans om hul potensiaal te vervul – daar is geen groter geskenk in die lewe as om iemand daardie geleentheid te gee nie,” sê Ian Fuhr, uitvoerende hoof van die Sorbet-groep.

Hoekom gee jy dus nie hierdie seisoen jou ou, gebruikte of ongebruikte naellakbotteltjies vir mense wat dit die nodigste het nie? Besoek net jou naaste Sorbet-winkel en laai jou botteltjies by die kassier af. En plaas ’n aflaai-foto op Sorbet se Facebook-blad.

Besoek www.sorbet.co.za vir nog inligting.

Lees nog skoonheidstories

Lees nog grimeerstories

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wanneer om jou naellak weg te gooi

Hoe weet jy wanneer jy jou naellak moet weggooi? Die Good Housekeeping Institute in die VSA het die antwoord. Deur...

Close