×
Skakel na Engels

Skenk borsmelk en red ’n baba se lewe

Die Suid-Afrikaanse Borsmelkrewerwebank doen ’n beroep op alle ma’s om borsmelk by plaaslike borsmelkbanke te skenk om babasterftes en wanvoeding te help verminder

 

 

Het jy geweet borsvoeding verskaf noodsaaklike voedingstowwe aan babas in hul vroeë ontwikkelingstadiums? Die meeste babas kry al hul voedingsbehoeftes van borsmelk totdat hulle ses maande oud is. Borsvoeding help ook om hul immuniteit te versterk en verminder skielike-baba-sterfte-sindroom (SBSS).

 

Die Suid-Afrikaanse Borsmelkreserwebank (SABR) tree op as ’n borsmelk-“tussenganger” en versprei borsmelk aan siek en ondervoede babas oor die hele Suid-Afrika. Dit maak staat op skenkings van melk van borsvoedende ma’s met te veel borsmelk, maar op die oomblik is daar ’n landwye tekort in die menslike-melkbanke.  Kan jy help?

 

 

Die slegte

 

Die SABR waarsku dat borsvoedingsyfers in Suid-Afrika gevaarlik laag is en dat dié lae syfers jaarliks tot die verlies van 20 000 babas onder 1,8 kg en 70 000 babas onder 5 kg lei.

 

 

Die goeie

 

In die laaste finansiële jaar het die SABR borsmelk aan 1 295 babas verskaf, wat daartoe bygedra het dat gemiddeld 5 000 premature babas gered is van sterfte wat met ’n gebrek aan borsvoeding geassosieer word.

 

 

Hoe kan jy help?

 

“Ons doen ’n beroep op alle ma’s om borsmelk by plaaslike borsmelkbanke te skenk om te verseker dat babas wat nie toegang tot hul eie ma se borsmelk het nie die beste kans op ’n gesonde begin in die lewe kan hê,” sê Stasha Jordan, borsvoedingsaktivis en uitvoerende direkteur by die SABR.

 

Om betrokke te raak, besoek asseblief www.sabr.org.za, bel 011 482 1920 of e-pos info@sabr.org.za. Kliek hier om die naaste melkbank aan jou op te spoor. 

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief