×

SJOKOLADEKOEKIE-YSKASTERT

Dié nagereg lyk nie net fantasties nie, maar sal enige suikertand bevredig!

Bestanddele

 

Vir die tertkors

  • 300 g sjokoladekoekies
  • 50 g MOIR’S- droë klapper
  • 80 g ongesoute botter, gesmelt

 

Vir die tertvulsel

  • 2 x 150 g-boksies MOIR’S-dubbelsjokoladegeur-mousse
  • 175 g sjokoladekoekies, gekrummel, plus ekstra heel koekies, vir versiering
  • geklopte room, vir versiering

 

Metode

Vir die tertkors

  1. Smeer ’n 20 cm-losboompan of -tertpan.
  2. Plaas die sjokoladekoekies, klapper en gesmelte botter in ’n voedselverwerker en pols totdat die bestanddele fyn krummels vorm.
  3. Druk die mengsel in die voorbereide pan om ’n tertkors te vorm.
  4. Verkoel vir 30 minute of tot geset.

 

Vir die tertvulsel

  1. Berei die MOIR’S-dubbelsjokoladegeur-mousse volgens die aanwysings op die verpakking.
  2. Smeer die melksjokolademousse in die tertkors. Verkoel in die yskas vir sowat 15 minute tot geset.
  3. Vou die gekrummelde sjokoladekoekies in die witsjokolademousse in en smeer die mengsel bo-op die melksjokoladelaag.
  4. Vorm rosette van geklopte room met ’n spuitsak bo-op die lae en versier met die sjokoladekoekies.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
SJOKOLADE-EN-PEPERMENT-SJOKOLADE-MOUSSE-KOPPIES

Hierdie nagereg is ’n ware apploustrekker. ’n Verskeidenheid teksture word gekombineer vir ’n smullekker poeding.

Close