×

SJOKOLADE-EN-PEPERMENT-SJOKOLADE-MOUSSE-KOPPIES

Hierdie nagereg is ’n ware apploustrekker. ’n Verskeidenheid teksture word gekombineer vir ’n smullekker poeding.
sjokolade koppies

Bestanddele

  • 350 g 70% donker sjokolade van goeie gehalte, fyngekap
  • 1 x 90 g-boksie MOIR’S-karamelgeur-kitspoeding
  • 1 x 50 g-boksie MOIR’S-sjokoladegeur-mousse
  • 100 g pepermentsjokolade, fyngedruk
  • kruisementblare, vir garnering

 

Vir die sjokoladekoppies

  1. Smelt die sjokolade by ’n lae hitte in die mikrogolf; roer elke 30 sekondes tot glad.
  2. Giet die gesmelte sjokolade in elke holte van ’n silikoon-muffin- of -kolwyntjiepan met 12 holtes om sjokoladekoppies te vorm. Nadat jy dit daarin gegiet het, draai die pan onderstebo oor die bak sjokolade en laat dit uitdrup.
  3. Tik op die holtes om die proses aan te help.
  4. Sodra die sjokolade nie meer drup nie, gebruik ’n paletmes om die rand van elke holte skoon te skraap. Plaas die pan onderstebo op ’n afkoelrak en plaas in die yskas om te stol.
  5. Herhaal die proses om nog ’n laag sjokolade by elke holte te voeg om die koppies te versterk. Plaas in die yskas om te stol, en “skil” dit dan versigtig uit die silikoonholtes.

 

Vir die mousse

  1. Berei die MOIR’S-karamelgeur-kitspoeding en MOIR’S-sjokoladegeur-mousse volgens die aanwysings op die verpakking.
  2. Vou ¾ van die fyngedrukte pepermentsjokolade in die MOIRS-karamelpoeding in. Vul elke koppie halfvol met die mengsel.
  3. Skep die bereide MOIR’S-sjokoladegeur-mousse in ’n spuitsak met ’n stertuit en vul elke koppie met die mousse.
  4. Sprinkel die oorblywende pepermentsjokolade bo-op. Versier met die kruisementblare.

 

WENK: As jy nie tyd het om die sjokoladekoppies te maak nie, gebruik winkelgekoopte wafelkoppies en verf die binnekante met sjokolade. Laat die sjokolade stol en volg die res van die resep.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
DUBBEL-SJOKOLADEMOUSSE-BROWNIES

Beleef ’n heerlik dekadente ervaring met hierdie sjokoladebrownieresep.

Close