×
Skakel na Engels

Ses wenke hoe om elektrisiteit in die winter te bespaar (Deel I)

Ons kragrekenings styg waneer die temperatuur daal. Probeer dié sakpas-wenke om snoesig te bly én geld te spaar

Met die winter net om die draai is dit ’n goeie idee om te begin dink aan maniere om elektrisiteit te bespaar. As jy minder vir elektrisiteit wil betaal, is die antwoord op die koue weer daar buite nie om die verwarmer binne aan te skakel nie.

 

1. Leer meer omtrent jou kragverbruik

Ten eerste, as jy jou huis se kragverbruik verstandig gaan bestuur, moet jy weet wat groot eise aan jou elektrisiteitsvoorsiening stel (en wat nie). Die reël is voor die hand liggend: gebruik die kleinste beskikbare toestel vir enige taak (jou ketel pleks van jou stoof om water te kook) en hou kraghonger toestelle wat lank moet aanbly – veral verwarmers – goed dop.*

 

2. ’n Elektriese kombers is meer doeltreffend as ’n verwarmer in die slaapkamer

Elektriese komberse is eintlik beter vir die omgewing as om ’n kamer met ’n verwarmer te probeer verhit. As jy eers in die bed is, hoef jy net die bed self warm te maak, wat elektriese komberse baie doeltreffend regkry. ’n Kamerverwarmer mors ’n yslike klomp krag om dele van die kamer te verhit wat jy nie eens die volgende 8 uur lank gaan sien nie. Wat waarskynlik nog beter werk, is om ’n warmwaterbottel ’n halfuur voor slaaptyd in die bed te druk en op ’n koue nag ’n ekstra kombers bo-oor te gooi. (Niks is so lekker as om op ’n koue wintersaand voor ’n knetterende kaggelvuur te sit nie. As jy ’n kaggel het, steek liewer ’n vuurtjie aan as om die verwarmer aan te skakel.)*

 

3. Laag op laag!

Al wil mens nie soos jou ma klink nie (‘Kry jy koud? Trek dan ’n trui aan!’), is dit Slimjan se keuse om ’n ekstra laag klere aan te pluk pleks van om die verwarmer se knoppie te draai. Wikkel jou toe in ’n lekker snoesige trui en ’n paar wollerige pantoffels en jy sal in ’n kits opwarm. Boonop kos dit jou nie ’n sent ekstra nie!

 

Vind die ander drie spaarwenke hier.

*Hierdie wenke kom uit Simon Gear se boek ‘Going Green: 256 Ways To Change Our World’ (Penguin Books)

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Skep ’n ekovriendelike kombuis

7 wenke oor hoe om energie en geld te bespaar

Close