×
Skakel na Engels

Ses geheime voordele van joga

Dis g’n wonder dat joga deesdae as ’n belangrike komponent van feitlik enige oefenprogram beskou word nie
voordele van joga

Joga is lankal nie meer net vir die super-soepeles nie! Vandag doen mense van alle fiksheidsvlakke en ouderdomme dié oefening vir die fantastiese fisieke, geestelike en verstandelike voordele. Jim Harrington is een van Suid-Afrika se voorste joga-instrukteurs en ook Virgin Active se joga-ambassadeur.

“Joga is nie net vir soepel hippies nie – dit werk vir mense van verskillende fiksheidsvlakke en dis hoekom so baie atlete dit deesdae begin doen,” sê hy. “Jy moet dit net probeer en dan sal die voordele jou oorreed.” Hier is ses verrassende voordele van dié oefening:

1. Bou spiere

Om jogaposisies vir ’n rukkie te behou, verbeter jou spiere se uithouvermoë en integreer spiergroepe om funksionele krag deur jou hele lyf te verbeter.

2. Raak meer soepel

Joga maak jou meer soepel, wat help om jou balans te verbeter en beserings kan voorkom. Om jou soepelheid te verbeter kan jou ook help om jou spiere op ’n veilige en doeltreffende manier te strek en te verleng.

3. Verskerp jou verstand

Haal stadig asem terwyl jy joga doen om meer suurstof in jou brein te kry sodat jy helderder kan dink terwyl jy oefen.

Lees: 3 maklike joga-oefeninge wat jou sal laat glimlag

4. Help jou ingewande

Posisies soos die “Downward Dog”, die Kameel en die Brug help om jou spysverteringstelsel gesond te hou. Diafragma-asemhaling help jou spysverteringsorgane om behoorlik te funksioneer en maak jou spysverteringspiere meer aktief.

5. Slaap beter

Ruim sowat 10 minute voor slaaptyd in vir jogaposisies soos die Dolfyn, wat jou nek, skouers en ruggraat strek. Eenvoudige asemhalingoefeninge sal jou ook help om te ontspan.

 6. Raak rustig

Die Kind-posisie kan jou senuwees laat bedaar en jou kop-en-lyf-balans herstel sodat jy gereed is om nuwe uitdagings aan te pak.

FOTO: iStock/PeopleImages

LEES OOK:

5 maniere om uitbranding te voorkom

Dís waarom jy moet eet voordat jy oefen

Tuis-oefenprogram vir paartjies

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 minder bekende simptome van demensie

Hoewel geheueverlies een van die bekendste tekens van demensie is, is dit nie altyd die eerste een nie en beslis...

Close