×
Skakel na Engels

Ses geheime vir oë wat jonger lyk

Niks meer moeë, pofferige oë nie. Dié wenke sal jou jare jonger en goed uitgerus laat lyk.

1. Vorm jou wenkbroue – iets eenvoudigs soos om yl wenkbroue in te kleur of om dit netjies te pluk kan soos ’n mini-gesigsontrimpeling wees. Dit sal jou outomaties wakkerder laat lyk

2. Verminder pofferigheid – sit ’n metaallepel in die vrieskas en gebruik dan die agterkant van die lepel om swelling rondom jou oë liggies te masseer. Wag totdat die swelling gesak het voordat jy bevogtiger aanwend wat jou vel weer pofferig kan laat lyk.

3. Keer dat grimering oogplooie beklemtoon – glimmende oogskadu is soos ’n vergrootglas op fyn lyntjies en onderlaag kan daarin aanpak. Wat kan jy wel hiér aanwend? ’n Basislaag, wat plooie sal versag en opvul.

4. Versteek sakke onder jou oë – bruingrys ooogskadu wat net onder jou onderste wimpers aangewend is, kan pofferigheid help verbloem deur dit te laat lyk of jou vel insak. (As jy ’n donkerder vel het, gebruik ’n warmer bruin oogskadu.)

5. Verbloem donker kringe – jy kan dit met die regte verbloemer “uitvee”. Kies ’n roomformule wat effens ligter as jou velkleur is. Een met ’n perskekleur ondertoon sal blou kringe laat vervaag, terwyl ’n pienk skakering bruin kringe sal verbloem.

6. Laaste, maar nie die minste nie – kies die regte oogroom – daar is een vir elke probleem onder die son (en rondom jou oë). As jy met pofferigheid sukkel, probeer ’n room met kafeïen en vitamien K: Dié bestanddele help vog onttrek. Speel klaar met kringe: ’n room met kafeïen (weer eens!) sal die bloedvaatjies vernou wat kringe veroorsaak. ’n Formule met vitamien C of arbutien kan bruin vlekke help verdof. Produkte met retinol sal lyntjies om jou oë versag omdat dit kollageenproduksie aanhelp en antioksidante sal toekomstige skade help voorkom

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Steel haar styl: Blake Lively

Die winter is nou met mag en mening hier. Gelukkig kan jy steeds stylvol lyk terwyl jy warm bly. Kyk...

Close