×
Skakel na Engels

Selfdoen-projek: Goudgeverfde glashouers

Wat jy nodig het:

  • Glasvase
  • Plakkers
  • Washi-kleeflint
  • Goue spuitverf

Stap 1

Was die vase en laat droog word. Gebruik die plakkers en kleeflint om verskillende ontwerpe te skep. Ons het strepe met die washi-kleeflint gemaak, sterretjieplakkers rond en bont geplak en alfabetplakkers gebruik om ’n woord te vorm.

Stap 2

Spuit die buitekant van die vase met die goue spuitverf. Volg die aanwysings op die blikkie om ’n egalige afwerking te kry. Jy sal dalk twee lae moet aanwend. Maak seker die verf word tussen aanwendings droog. 

Stap 3

Trek die plakkers en kleeflint versigtig af. Dié versierings is nie waterbestand nie. Wees dus versigtig wanneer jy water intap of die vase skoonmaak.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
6 wenke om sterk wagwoorde te skep

Tersia van Rooyen, direkteur van e-Commerce by TransUnion, Suid-Afrika se grootste kredietburo, sê identiteitdiefstal kan maande of selfs jare lank...

Close