×
Skakel na Engels

Sekere slaappatrone kan jou gewig beïnvloed

Daar is slegte nuus as jy te min slaap, of te veel … Deur Victoria Chandler
Sekere slaappatrone kan jou gewig beïnvloed

Die hoeveelheid slaap wat jy kry, kan verband hou met hoe geneig jy is om gewig aan te sit. Dit is luidens ’n nuwe studie aan die Universiteit van Glasgow. Die navorsing het getoon dat “abnormale” slaappatrone, soos te veel of te min slaap, jou risiko om oorgewig te wees kan verhoog as jy geneties tot vetsug geneig is.

Navorsers het na die uitwerking van kort slaaptyd (minder as sewe uur per nag) en lang slaaptyd (meer as nege) gekyk en bevind dat albei gevalle party mense se risiko op oortollige gewig verhoog.

Trouens, die negatiewe uitwerkings van hierdie “abnormale” slaappatrone was steeds teenwoordig ondanks wat die deelnemers geëet het, hul gesondheidskwessies en ander sosiodemografiese faktore.
 
Dit is egter belangrik om te beklemtoon dat hierdie studie slegs relevant is vir mense met ’n hoër risiko vir vetsug in hul familie. Die studie het geen duidelike verband tussen die hoeveelheid slaap en liggaamsgewig in dié met ’n lae genetiese risiko vir vetsug gevind nie.

Lees ook :  Hoe om jou kinders sover te kry om in hul eie beddens te slaap

“Die invloed van abnormale slaappatrone op gewigsverlies is baie kleiner by dié met ’n lae risiko vir vetsug – dit blyk dat hierdie mense in ’n mate met swakker slaapgewoontes kan ‘wegkom’,” sê dr. Jason Gill van die Instituut van Kardiovaskulêre en Mediese Wetenskappe.

“Die data toon dat te min of te veel slaap ’n redelike invloed op liggaamsgewig het by mense met ’n hoë genetiese risiko vir vetsug – dit geld ook slapies deur die dag en mense wat nagskof werk.”

Maar ongeag of jy ’n hoër risikogeval vir genetiese vetsug is, is dit steeds belangrik om sewe tot nege uur slaap slaap per nag te kry.

Van: Good Housekeeping UK

FOTO: iStock/BraunS

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief