×
Skakel na Engels

Samel geld vir Wêreldkankerdag in met #ThePinkTableProject

Wêreldkankerdag is op 4 Februarie 2017. Woon die tweede #ThePinkTableProject by!
#ThePinkTableProject

Wêreldkankerdag is op 4 Februarie en #ThePinkTableProject en Zomato het vir vanjaar se geleentheid saamgespan. Dis bekend as die grootste “Pink Dinner Party” en geldinsamelingsgeleentheid vir kankerbewustheid in die wêreld. Kom bymekaar met jou familie en vriende vir ’n aandjie uit op die 4de en doen jou deel vir die stryd teen kanker. 

#ThePinkTableProject

Die kampvegter vir kankerwelstand en fiksheidsghoeroe Ryan Matheson het #ThePinkTableProject in 2016 in Suid-Afrika begin. Wêreldkankerdag is ’n manier om mense meer bewus van hul leefstylkeuses te maak en bewustheid van die belang van vroeë opsporing te skep.

Vanjaar bied meer as 70 restaurante oor Suid-Afrika heen hul eie Pink Table-geleenthede op Wêreldkanker dag aan, wat op 4 Februarie 2017 gevier word. Die publiek kan die organisasie se webwerf besoek en ’n tafel by ’n restaurant van hul keuse vir die aand bespreek. Toegang vir die aand kos R162 en 60% van die wins gaan aan die PinkDrive. Elke restaurant sal dan hul eie koste vir die aand hê wat kos en drinkgoed betref.

’N HELPENDE HAND EN VENNOTE VIR 2017

Die PinkDrive is ’n gemeenskapsversorgingsinisiatief. Dit is ’n openbare-fondsinsamelingsorganisasie wat Suid-Afrika se eerste mobiele PinkDrive-mammografie-eenheid en PinkDrive-opvoedingseenheid in Suid-Afrika bedryf met die boodskap dat vroeë opsporing lewens red. Die aanlyn platform Zomato het by hulle aangesluit om die projek vanjaar te vergroot. Hulle het ook ’n inligtingstuk oor #ThePinkTableProject op hul werbwerf vir Johannesburg en Kaapstad wat inligting verskaf oor al die restaurante in Johannesburg, Durban, Pretoria en Kaapstad wat aan die projek deelneem.

Lees ook: 4 maniere om borskanker te help beveg

UICC LOGO

“DIPPED IN PINK AND LEFT TO SPARKLE!”

Die tema vir vanjaar is “Dipped in Pink and Left to Sparkle!”, wat ’n prettige manier is om die aand te vier. Op dié manier kan jy die fantastiese saak by een van jou gunsteling-restaurante ondersteun en terselfdertyd asemrowend lyk! #ThePinkTableProject het twee doelwitte: om die grootste aandparty in Suid-Afrika aan te bied en om internasionaal die toon aan te gee sodat die res van die wêreld ons kan volg. Die organiseerders wil die projek só laat groei dat dit ’n permanente instelling op die Internasionale Gastronomiese Kalender word en help om bewustheid van kankerwelstandsbestuur te skep.

HOE BESPREEK EK ’N TAFEL?

Kry jou gunsteling-restaurant in die stad op die webwerf en bespreek ’n tafel saam met jou vriende, familie en kollegas. Besoek die Facebook-blad #ThePinkTableProject vir nog inligting, of besoek www.thepinktableproject.com

FOTO: #ThePinkTableProject

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kry jou kaartjies vir GH se Vrolike Kersfees-middagete vandag!

Kom in die gees van die feestyd saam met Goeie Huishouding by ons jaarlikse Vrolike Kersfees-middagete, wat vanjaar in Durban...

Close