×
Skakel na Engels

Sal jy jou natuurlike naels só lank dra?

Lieflik lank . . . of nie?
natuurlike naels

Lang naels is niks nuuts nie. Maar wanneer ons iemand met ekstralang naels sien, is dit gewoonlik kunsnaels wat deur ’n manikuris opgesit is en dit word net vir ’n kort rukkie gedra. Om heeltyd sulke lang naels te hê is nie juis prakties nie – hoe op dees aarde sal jy skottelgoed was of jou jeans toerits? Ondanks dié “struikelblokke” is daar ’n toenemende aantal mense wat hul naels sonder die hulp van jelnaellak of akrielpunte onnatuurlik lank laat groei.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Gril of gier?

Hierdie nuwe neiging is dalk ietwat vreemd, maar dit het geen tekort aan volgers nie. Wanneer dit by lang, natuurlike naels kom, spog aanhangers met verskillende lengtes en vorms, en hulle spog ook trots daarmee op sosiale media. En hulle behoort trots te wees – dit moet geweldig baie onderhoud en moeite verg om dit in so ’n goeie toestand te hou en dis beslis indrukwekkend, maar dit maak dit nie minder grillerig nie.  

Lees: 5 maniere om jou naels te versterk

Die probleem met sulke lang naels is nie net dat vir jouself en ander gevaarlik kan wees nie, maar naels – wat uit keratien bestaan – is geneig om te skeur en te breek, wat jou erge pyn kan veroorsaak. Nog ’n nadeel is dat dit dikwels begin geel raak, wat die algehele voorkoms kan ruïneer. Maar enige iemand wat vir al die moeite en geduld kans sien, kan waarskynlik met hope “likes” op Instagram beloon word. Oppas net dat jy nie jou oog uitsteek nie!

FOTO: iStock/pink_cotton_candy

LEES OOK:

100 jaar van naelkuns wat jou volgende manikuur sal inspireer

Wat verklap jou naels van jou gesondheid?

Vyf maklike maniere om geel vlekke van jou naels te verwyder

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 lagwekkende Pinterest-skoonheidsflaters

En hulle laat dit so maklik lyk!

Close