×

SA se mooiste vonkelwyne

Hierdie agt lieflike plaaslike MCC’s is almal pragtig verpak en sal ’n wonderlike Kersgeskenk maak
vonkelwyne

 

1. Krone Borealis Vintage Cuvée Brut 2015 van die landgoed Twee Jonge Gezellen in Tulbagh het ’n klassieke voorkoms en is spesiaal vir Kersfees in ’n stylvolle goue gebosseleerde boks met ’n linthandvatsel verpak. Dit het ’n klassieke beskuitjiegeur op die neus met tikkies jasmyn en vars appelnote en is ryk en romerig op die tong met die geure van pekanneute en soet pere. Dit verkoop landwyd vir sowat R110.

www.tweejongegezellen.co.za

krone-borealis-in-gold-gift-cox

2 & 3. Ons dink Kleine Zalze Brut en Brut Rosé is die ideale vonkelwyn om by ’n ooievaarspartytjie voor te sit waar die kind se geslag nie bekend is nie! Die Brut se aarbei-aroma en swartbessiegeur word gekomplementeer deur ’n ryk geur van beskuitjies, terwyl die lieflike, fyn mousse vir ’n onvergeetlike vonkelende sensasie sorg. R122 by www.wine.co.za. Die Rosé is ’n delikate silwerpienk kleur met ’n lewendige vonkel, geure van kersies en rooi bessies met elegante dog dekadente lae op die tong. Tjeers! R116 by www.wine.co.za

www.kleinezalze.co.za

nv-brut-mcc1         nv-brut-rose-mcc1

4. Ons is dol oor die eenvoudige, stylvolle verpakking van Pongrácz Rosé met sy kenmerkende bottelvorm. Dit het ’n delikate salmpienk kleur met note van aarbei en gebakte brood op die neus en sappige swartbessies op die tong. R140. Beskikbaar by Pick n Pay, Makro en aanlyn by www.vinoteque.co.za.

www.pongracz.co.za

pongracz-rose

5. Een vir jou kreatiewe vriende. Sparklehorse deur Ken Forrester Vineyards lyk so bekoorlik en feestelik dat hulle dit dadelik sal wil oopmaak (en miskien die bottel agterna hou om hul verkwasse in te bêre). Verwag romerigheid en ’n delikate mousse met die aromas van vars appel, peer en kwepers. R150, Woolworths.

www.kenforresterwines.com

imagewine

6. De Morgenzon Chenin Blanc MCC met sy elegante goue-en-blou verpakking in Franse styl word op ’n Stellenbosse landgoed gemaak wat 24/7 barokmusiek in hul wingerde speel om die rypwordingsproses van die druiwe aan te help. Kyk of jy die musiek kan proe in die tikkies heuning, witperske en pynappel, gekomplementeer deur soutige note van geroosterde amandels en brioche. ’n Fyn mousse en verfrissende suurgehalte maak dit ’n werklik verfrissende drankie vir feesvierings. R200, Woolworths.

www.demorgenzon.co.za

demorgenzon-mcc-chenin-blanc-nv-brut-thumb

7. Die treffende goue Desiderius Pongrácz sal beslis die koppe laat draai in sy unieke fluitvormige bottel. Dit is onlangs as die enigste Suid-Afrikaanse mededinger onder die top-10 aangewys op die toonaangewende 2015 Effervescents du Monde-kompetisie in Frankryk saam met die wêreld se beste MCC’s. Desiderius 2008 is ’n sintuiglike plesier met nuanses van vars vrugte, amandels en ryk, botterige brood. Beskikbaar by topwynwinkels en boetiekwynwinkels, en by www.vinoteque.co.za vir R449.

www.pongracz.co.za

pongracz-desiderius-2008-750ml_1024x1024

8. Babylonstoren Sprankel 2012 met sy blou vlindermotief kom in ’n treffende oranje geskenkboks met ’n gebosseleerde vlinderontwerp. Dié vonkelwyn het ’n ligte geel kleur met ’n effense groen ondertoon. Dit het vars groen appels, suurlemoen en lemmetjie op die neus, asook sagte beskuitjie- en brioche-geure, met heerlike romerige lae op die tong. Dit het vier jaar op die moer (dooie gisselle) gelê, wat diepte daaraan verleen. R495 by die plaas se kelder of aanlyn winkel.

www.babylonstoren.com

review-newsletter-top-three-babylonstoren-1

Lees ook

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief