×

SA se beste bakwinkels

Ons het ’n lys met ’n paar van SA se beste bakwinkels saamgestel. Lekker koop – en bak!

Kontak dié winkels vir al jou bakbehoeftes en -benodighede:

 

WES-KAAP

★ The Baking Tin, Harrisrylaan 12, Ottery, Kaapstad; www.thebakingtin.co.za, ☎ 021 704 1710. Meer as 4 000 produkte bied waarde vir geld.

★ Value Baking Supplies, Tarentaalsingel 25, Okovango-nywerheidspark, Brackenfell; ☎ 021 981 0304, en Gants-sentrum, h.v. N2 en Gerber-boulevard, Strand; www.valuesupplies.co.za ☎ 021 853 2144. Dié eenstopwinkel lewer grootmaatverkope en eetbare diamante!

★ The Baking Tin, Belvedereweg 52, Claremont, Kaapstad; www.bakingtin.com, ☎ 021 671 6434. Nuwe koekpanne word uitverhuur.

★ Wild Peacock Food Emporium, Piet Retiefstraat 32, Stellenbosch; www.wildpeacock.co.za, ☎ 021 887 7585. ’n Ware watertandlekker keuse van fynproewersprodukte (nie net vir bakwerk nie), van Valrhona-sjokolade (net grootmaat) tot plaasbotter.

GAUTENG

★ Kadies, Kingfisher-winkelsentrum, Kingfisherrylaan, Fourways, Johannesburg; www.kadies.co.za, ☎ 011 465 5572. Die personeel is opgeleide sjefs, en talle suikerkunsprodukte word hier gemaak.

★ The Baker’s Warehouse, Hobart-winkelsentrum, h.v. Hobart- en Grosvenorweg, Bryanston; thebakerswarehouse.com, ☎ 011 706 5010. Koekpanne te huur en mededingende pryse.

★ Baking Bonanza, h.v. Galway- en Kilkennylaan, Bronberrick, Centurion; www.bakingbonanzacenturion.co.za, ☎ 012 660 3688. ’n Wye reeks bakprodukte en nuwe koekpanne te huur.

★ Bake-A-Cake, Karel Trichardtlaan 516, Mountain View, Pretoria; www.bakeacake.co.za, ☎ 012 377 2668. ’n Eenstopwinkel vir haal-en-betaal.

KWAZULU-NATAL

★ Bake-A-Ton, Josiah Gumedeweg 125, Pinetown, Durban; www.bakeaton.co.za, ☎ 031 702 0155. Kontak hulle vir inligting oor demonstrasies en werksessies.

OOS-KAAP

★ The Baking Shop, Hoofweg 278, Walmer, Port Elizabeth; www.thebakingshop.co.za, ☎ 072 557 2579. ’n Groot keuse van suikerversierings.

VRYSTAAT

★ The Baking Tin, Zastronstraat 101, Westdene, Bloemfontein; ☎ 051 448 1433. Spesialiseer in sjokolade en suikerversierings.

NOORD-KAAP

★ The Baker’s Dream, Cartersweg, Rhodesdene-inkopiesentrum, Kimberley. ☎ 082 467 3689 ’n Eenstop-bakwinkel vir alles van koekmengsels tot versierings en koekverpakkings.

 

Is daar enige bakwinkels wat jy wil hê ons by die lys moet voeg? Laat weet ons op Facebook of Twitter 🙂

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Koop jou kaartjies na die Bekende Bobaas-Bakkers-teeparty

Kom kuier saam met Goeie Huishouding, die Expresso-sjef Zola Nene en Afternoon Express se Clement Pedro in Kaapstad vir ’n...

Close