×
Skakel na Engels

Rys is slim spys!

As jy rys eet, eet jy minder kilojoules

 

 

Mense wat minstens ’n kwartkoppie rys per dag eet, neem daagliks 226 minder kilojoules in. Wat skuil agter hierdie “meer rys, minder vet”-beginsel? Navorsers aan die Iowa State University in die VSA se teorie is dat ons gewoonlik rys eet saam met kos wat laer in kilojoules is, soos groente en vis. Ons verdrink dit ook nie in botter of kaas nie (behalwe risotto). Eet dit alleen of as ’n bykos saam met ’n laevet-roerbraai om die meeste uit dié verslankingsvoordeel te put.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Verslank in drie maklike stappe

Verslank in drie maklike stappe

Close