×
Skakel na Engels

Ruim jou slimfoon op

Is jou foon heeltemal te slim? Vereenvoudig dit met ’n digitale opruiming … Deur Carrie-Ann Skinner
Ruim jou slimfoon op

As jy nie besonder tegnologies ingestel is nie (of jy bestee die helfte van jou dag daaraan om tegnofobiese vriende en familie te help), sal ons wenke jou help om enige slimfoon-bedryfstelsel te vereenvoudig. Vertrou ons, hierdie wenke sal dit beslis makliker maak om die foon te gebruik …

1.  Wenke vir die tuisskerm

Op ’n Android-foon kan jy ’n “Launcher”-app installeer wat die voorkoms van die tuisskerm vereenvoudig. Ons hou van Wiser (gratis in Google Play Store), want dit gebruik eenvoudige, intuïtiewe ikone.

As jy ’n iPhone het, is daar geen soortgelyke app nie, maar jy kan apps op die tuisskerm herrangskik. Tik net met jou vinger op die app wat jy wil skuif en hou dit daar totdat dit begin wiebel en ’n X in die hoek links bo verskyn. Trek dit dan na ’n nuwe posisie op enige skerm – selfs die tuisskerm. 

2. Wis ongebruikte apps uit

As jy dit nie gebruik nie, wis dit uit. Apps wat jy afgelaai het, kan maklik gedeïnstalleer word. Sommige vooraf gelaaide apps kan egter nie altyd uitgewis word nie.

Op ’n Android-slimfoon: Tik met jou vinger op die app wat jy wil verwyder en hou dit daar. Druk dan op “Disable”. Dit sal die ikoon van die tuisskerm verwyder (dis is nie moontlik op apps soos “Calculator” of “Weather” nie. Op ouer weergawes van Android: Gaan na die “Settings”-menu, druk op “apps”, “manage”. selekteer die app en druk op “Uninstall”.

Op ’n iPhone met iOS 10 kan enige app, selfs die ingeboudes, uitgewis word. Tik weer eens op die app en hou dit daar totdat dit begin wiebel. Druk dan op die X wat verskyn. (In ouer weergawes van die bedryfstelsel is dit nie moontlik om ingeboude apps uit te wis nie.) Afgelaaide apps kan ook uitgewis word deur daarop te druk en dit in te hou totdat dit wiebel, en dan op die X te druk.

3.  Maak die font groter

Op ’n Android-slimfoon: Gaan na “Settings” en “Display”. Kies dan “Font Size” en kies groot of ekstragroot.

Op ’n iPhone: Tik op die “Settings”-app en kies “Display & Brightness”. Kies dan “Size” en gebruik die glyer om die fontgrootte te verander. Jy kan ook die grootte van die vertoonelemente effens groter maak sodat die app-ikone groter is. Gaan weer na die “Display & Brightness”-menu. Kies van daar af “View” en dan “Zoomed”. 

Van: Good Housekeeping UK

FOTO: iStock/bombuscreative

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe om direk van ’n slimfoon of tablet te druk

Maak dit makliker as ooit tevore om jou gunsteling-foto’s of belangrike dokumente te hou deur dit vanaf jou slimfoon of...

Close