×
Skakel na Engels

Rokerige oë in drie maklike stappe

Dié grimeerneiging gaan die somer beslis die oog vang

Doen dit in drie stappe

 

  1. Trek die oogomlyner al langs die boonste ooglid teenaan jou wimpers en maak die strepie dikker in die middel van jou ooglid. Dit sal diepte aan jou oë verleen. Wees versigtig as jy ’n vloeibare oogomlyner gebruik, want dit neem ’n rukkie om droog te word. Probeer Physicians Formula Eye Definer Felt-Tip Eye Marker in Dark Brown.
  2. Nou moet jy die ligste skakering oogskadu op die boonste gedeelte van jou boonste ooglid gebruik. Gebruik dan die donkerder kleur teenaan jou wimpers. Maak seker dat jy die oogskadu mooi in jou wimpers inskakeer sodat dit met die omlyner saamsmelt. Probeer The Body Shop Colour Crush Eyeshadow in Coco Deluxe, Golden Cinnamon, Champagne Kiss of Gold Rosemance.
  3. Wend ’n paar lae maskara aan om jou oë oop te maak en jou wimpers langer en dikker te laat vertoon. Ons hou van Lancôme Grandiôse Wide-angle Fan Effect Mascara.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 grimeerfoute om te vermy

Wend jy ook soggens binne vyf minute in ’n harwar grimering voor die spieël aan? Wel, solank jy dié vyf...

Close